Episodes

  • Skop die nuwe jaar af met jou eie persoonlike afrigter! In hierdie episode deel fiksheidskenner, "wellness coach" en ma, Michelle van Zyl, haar top oefen- en dieetgeheime met Daniëlla.
    Michelle weet self hoe moeilik dit kan wees om te begin oefen nadat 'n mens kinders gehad het, en sy het talle vroue al gehelp om hul fiksheidsreis te begin.
    Ons praat oor:
    Hoeveel tyd moet ek minstens afstaan aan oefen? En hoe maak ek tyd?
    Moet ek kalorieë tel om goed te lyk en te voel?
    Wat is die rol van proteïene in 'n vrou se dieet?
    Hoe lyk 'n goeie dag se eetplan?
    Hoe word ek sterk, sonder om manlik te begin lyk?
    {{Volg Michelle op Facebook of Instagram @fitnwellwithmichelle }}

    Kick off the New Year with your own personal trainer! In this episode, fitness expert, wellness coach, and mom, Michelle van Zyl, shares her top training and nutrition secrets with Daniëlla. As a mom herself, Michelle knows how tough it can be to start exercising after having kids and has helped countless women begin their fitness journeys.
    We’ll cover:
    How much time you really need to train each week (and how to find it!)
    Whether calorie counting is necessary to feel and look great
    The role of protein in a woman’s diet and what a healthy meal plan looks like
    How to get strong without feeling bulky
    Follow Michelle on Facebook or Instagram @fitnwellwithmichelle

    Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Sedert Hettie Brittz se ouerskapsboek "Kweek Kinders met Karakter" die eerste keer in 2007 gepubliseer is, het duisende kopieë verkoop en deel geword van Afrikaanse gesinne se verhaal en grootword-reis. Hettie, 'n ma van 3 (en nou ook ouma van 1!) het nou die boek opdateer en 'n nuwe weergawe is beskikbaar. Sy leer daarin dat jy jou kind werklik moet kén om hom of haar reg te kan hanteer - en dit beteken ook dat jy jouself (sterk- en swakpunte) moet ken.
    Daniëlla en Hettie gesels in dié onderhoud oor al die nuwe uitdagings wat vandag se ouers moet trotseer; Hettie se eie uitdagings as jong ma; wat sy sedertdien geleer het; en oor die gesin se nuwe lewe in Amerika. Hettie gee ook raad vir ander Afrikaanse mammas in die buiteland.

    Since Hettie Brittz's parenting book 'Growing Kids with Character' was first published in 2007, thousands of copies have been sold and have become part of many South African families' journey of raising children.
    Hettie, a mom of 3 (and now also a grandmother of 1!), has now updated the book, and a new version is available. In it, she teaches that you really need to know your child in order to handle him or her correctly - and that also means knowing yourself, both strengths and weaknesses. In this interview, Daniëlla and Hettie discuss all the new challenges that today's parents must face, Hettie's own challenges as a young mother, what she has learned since then, and about the family's new life in America. Hettie also gives advice to other South African moms living abroad.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9

  • Missing episodes?

    Click here to refresh the feed.

  • Tina en Francois van Deventer van Pretoria het 12 kinders. Ja, hulle is die biologiese ouers van al 12. Ja, Tina het aan al 12 geboorte geskenk. Ja, mense gaap hulle soms aan.
    Nee, dit was nie altyd maklik nie - maar dit is 'n seën en 'n voorreg!
    Daniëlla gesels met ma Tina oor dié gesin se uitsonderlike lewe, hoe sy vir 12 kinders tuisonderrig gegee en kos gemaak het toe almal nog onder haar dak was.
    Tina deel ook wenke vir ander ma's oor hoe om die lewe te vereenvoudig en uitdagings te hanteer.

    Tina and Francois van Deventer from Pretoria have 12 children. Yes, they are the biological parents of all 12. Yes, Tina gave birth to all 12. Yes, people sometimes gape at them.
    No, it hasn’t always been easy – but it’s a blessing and a privilege!
    Daniëlla chats with mom Tina about the family’s extraordinary life, how she homeschooled and cooked for 12 children when they were all still under her roof.
    Tina also shares tips for other moms on how to simplify life and handle challenges.


    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes.
    Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe (soveel te meer tydens die vakansie) is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermtyd hulle negatief beïnvloed, en gee ook raad oor hoe om die kwessie aan te takel. Ons bespreek verskillende soorte skermtyd en die impak daarvan, en fokus op die alternatief—hoe om skermtyd te vervang met speel. Deur die gesprek probeer ons praktiese planne maak oor hoe gesinne skerms kan gebruik sonder om tyd saam prys te gee.

    While 'n Ma & 'n Mikrofoon takes a production break to work on new content, we’re sharing some of our most popular episodes again.
    Screen time is almost inevitable in the lives of toddlers, children, and teenagers—especially during the holidays. While most parents rely on it occasionally to "get things done," it often comes with feelings of guilt. In this episode, we aim to establish guidelines for balanced screen time.
    Occupational therapist Carla Grobler highlights the warning signs that can help you determine whether your child’s screen time is negatively affecting them. She also shares advice on how to address the issue. We explore different types of screen time and their impact, focusing on alternatives—how to replace screen time with play.

    Through the conversation, we aim to develop practical plans for families to use screens without sacrificing quality time together.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Terwyl 'n Ma & 'n Mikrofoon 'n produksiebreek neem en werk aan nuwe inhoud, deel ons weer van ons gewildste episodes. En met die vakansie en feestyd wat voorlê is dié episode oor waterveiligheid baie belangrik.
    Daniëlla praat met Petro Meyer, 'n sweminstrukteur van die NSRI, oor waterveiligheid, reëls en mites. Dis ook die storie van Suzanne Smit, en haar dogtertjie wat verdrink het. Suzanne het haar, in haar eie woorde, "weer lewendig gebid". Hierdie is 'n ma se getuienis, en 'n storie wat sy deel oor waterveiligheid wat ook ander kinders se lewens kan red.

    While 'n Ma & 'n Mikrofoon takes a production break to work on new content, we’re sharing some of our most popular episodes again. With the holidays and festive season approaching, this episode on water safety is especially important.
    Daniëlla speaks with Petro Meyer, a swimming instructor from the NSRI, about water safety, rules, and myths.
    It’s also the story of Suzanne Smit and her daughter, who almost drowned. In Suzanne’s own words, she “prayed her back to life.” This is a mother’s testimony and a story she shares about water safety, which could save the lives of other children.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • In die laaste episode van Seisoen 1 van 'n Ma & 'n Mikrofoon, vier ons 'n jaar van ouerskap, ondersteuning, raad en inspirasie. Hierdie platform is nou 'n wêreldwye Afrikaanse "kuber-netwerk" van ma's wat hulle stories ekom deel het. Sluit by ons aan vir 'n oorsig van die podcast se hoogtepunte van die afgelope 40 episodes, waar ons terugkyk na van die beste raad en mees emosionele oomblikke saam met ons gaste. Hier hoor jy ook die stemme van van ons luisteraars; en Daniëlla verklap van die nuwe dinge wat wag in Seisoen 2 in 2025. In the final episode of Season 1 of 'n Ma & 'n Mikrofoon, we celebrate a year filled with parenting, support, advice, and inspiration. It's now a global "cyber-village" of moms who have come together to share their stories. Join us for a recap of the podcast’s highlights from the past 40 episodes, where we revisit some of the best advice and most emotional moments shared with our guests. You’ll also hear the voices of some of our listeners, and Daniëlla reveals a sneak peek of what’s coming in Season 2 in 2025.- Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Anneen Henze het al 'n lang pad gestap as #momtrepreneur—eers as klere-ontwerper met 'n gewilde swangerskapsreeks agter haar naam.
    Nou het sy 'n nuwe reis aangepak, toe sy die webblad The Mom Archive begin het.
    The Mom Archive is "Suid-Afrika se eerste omvattende aanlyngids en gemeenskapsplatform wat ontwerp is om ouerskap en ma-wees te vereenvoudig."
    Maar hierdie is nie nét 'n gesprek oor besigheid nie. Anneen deel met Daniëlla die verhaal van hoe hierdie besigheid tot stand gekom het, uit die perspektief van 'n mamma wat ’n moeilike diagnose oor haar kind gekry het en selfs uitbranding ervaar het. Sy gee ook waardevolle raad wat sy deur die jare in die sakewêreld geleer het.
    *https://www.themomarchive.co.za/

    Anneen Henze has come a long way as a #momtrepreneur—starting as a clothing designer with a popular maternity line to her name. Now, she's embarked on a new journey with the creation of The Mom Archive.
    The Mom Archive is "South Africa's first comprehensive online directory and community platform designed to simplify parenting and motherhood."
    But this conversation isn’t just about business. Anneen shares with Daniëlla the story of how this business came to life, from the perspective of a mother who received a challenging diagnosis concerning her child and even experienced burnout. She also offers valuable advice drawn from her many years in the business world.
    * https://www.themomarchive.co.za/


    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Mari Botha se dogtertjie, Ruaché, het net 440 gram geweeg toe sy op 25 weke gebore is.
    Wat gevolg het, was 330 dae in die neonatale eenheid (NICU), terwyl Mari sélf vir haar eie lewe moes veg, omdat haar niere ingegee het.
    In hierdie episode vertel sy vir Daniëlla wat sy as preemie-mamma geleer het, deel sy raad vir ander ouers met kinders in NICU, en vertel van die uitdagende pad wat hulle gestap het voor, tydens en ná hulle maande in die hospital.
    *November is Preemie-bewustheidsmaand, met "World Prematurity Day" wat op 17 November gevier word.

    Mari Botha’s daughter, Ruaché, weighed just 440 grams when she was born at 25 weeks.
    What followed was a journey of 330 days in the neonatal intensive care unit (NICU), during which Mari herself had to fight for her life due to kidney failure.
    In this episode, Mari shares with Daniëlla the lessons she's learned as a preemie mom, offers heartfelt advice for other parents with children in the NICU, and reflects on the challenging path they traveled before, during, and after their months in the hospital.
    * November is Prematurity Awareness Month, with "World Prematurity Day" observed on November 17.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Hierdie episode is die gevolg van talle boodskappe versoeke van luisteraars van 'n Ma & 'n Mikrofoon. Nageboorte depressie. Post-partum depressie. Méér as net "baby blues" - en meer algemeen as wat ons almal besef. En ten spyte daarvan dat dit so baie van ons raak, steeds nie iets waaroor ons graag praat nie. Maar in dié episode praat Daniëlla en kliniese sielkundige Gerda Kriel wél sonder skroom. Gerda deel haar eie storie oor nageboorte depressie, iets wat sy ook as kind beleef het toe haar ma daaraan gely het.Sy verduidelik waarom dit gebeur, wat jy kan doen (vooraf, tydens en na die tyd) en waarom dit nooit te laat is om in te gryp nie.Ons praat ook oor hoe PPD ook mans en pa's raak; en hoe jy jou man, vriendinne of kollegas kan bystaan wanneer jy die tekens raaksien.This episode is the result of many messages and requests from listeners of 'n Ma & 'n Mikrofoon.Postpartum depression... It's more than just the "baby blues" – and more common than we all realize.Despite affecting so many of us, it’s still something we are often reluctant to talk about. But in this episode, Daniëlla and clinical psychologist Gerda Kriel talk openly and without hesitation. Gerda shares her own story of postpartum depression, something she also experienced as a child when her mother suffered from it. She explains why it happens, what you can do (before, during, and after), and why it’s never too late to intervene. We also discuss how PPD affects men and fathers too, and how you can support your husband, friends, or colleagues when you recognize the signs.- Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • As ouers wéét ons hoe moeilik dit kan wees om te sien hoe ons kinders sukkel met spanning – hetsy weens eksamens, konflik met vriende, 'n nuwe omgewing, of selfs veranderinge in hul liggame.
    Dit kan ons magteloos laat voel, maar daar is dinge wat ons kan doen om hulle te ondersteun.
    In hierdie episode gesels die opvoedkundige profiel-ontleder Charne Lieberberg met Daniëlla en verduidelik hoe kinders se breine stres anders verwerk as volwassenes.
    Sy deel ook bemagtigende, maklike strategieë wat ouers kan gebruik om hul kinders toe te rus met die vaardighede om angs te oorkom en beheer te neem oor stresvolle situasies.
    * Kontak Charne by www.samindframe.com of 076 971 8138.

    As parents, we all know how difficult it can be to watch our children face stress—whether it’s from exams, friendships, new environments, or even changes in their bodies.
    While it may leave us feeling helpless, there are steps we can take to support them.
    In this episode, educational profile analyst Charne Lieberberg sits down with Daniëlla to break down how children’s brains process stress differently from adults. She also shares powerful, easy-to-follow strategies to help parents equip their children with the skills to overcome anxiety and take control of stressful situations.
    * You can reach Charne at www.samindframe.com or 076 971 8138.


    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Borskanker word al hoe meer by jonger vroue, in hulle twintigs en dertigs, gediagnoseer.
    Vir hierdie Borskankerbewustheidsmaand deel dr. Heleen Hanekom, self 'n ma, haar kennis met ma's in eenvoudige, verstaanbare taal. Heleen is 'n radioloog in Pretoria met 'n groot passie vir borsradiologie (mammogramme, ensovoorts) en borskankerbewustheid.
    Sy leer ons hoe om 'n vinnige tuistoets te doen, wanneer jy dokter toe moet gaan, en wat jy kan verwag van 'n mammogram.
    Dié is episode 1 van 2 vir Borskankerbewustheidsmaand: Luister ook na die vorige episode waar 'n ma haar borskanker-storie deel.

    Breast cancer is increasingly being diagnosed in younger women, in their twenties and thirties.
    For this Breast Cancer Awareness Month, Dr. Heleen Hanekom, a mom herself, shares her knowledge with moms in simple, easy-to-understand language. Heleen is a radiologist in Pretoria, with a great passion for breast radiology (mammograms, etc.) and breast cancer awareness.
    She teaches us how to do a quick self-exam, when you should visit the doctor, and what to expect from a mammogram.
    This is episode 1 of 2 for Breast Cancer Awareness Month: Also listen to the previous episode, where a mom shares her breast cancer story.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Borskanker is op 37 by Lydia van der Kooy gediagnoseer.
    "Van die oomblik wat die chirurg dit vir my gesê het, was dit asof kanker in elke liewe sel van my liggaam gaan sit," vertel sy in dié episode.
    Lydia deel met Daniëlla en luisteraars haar kanker-storie van die afgelope twee jaar: hoe sy dit vir haar vier seuns vertel het, die chemo-proses beleef het en mense se vrae hanteer het. Maar sy vertel ook hoe dit haar verhouding met haar man versterk en haar geloof verdiep het.
    *Dié is episode 1 van 2 tydens Borskanker-bewustheidsmaand: Luister ook die volgende episode waar 'n dokter belangrike mediese kennis deel.

    Lydia van der Kooy was diagnosed with breast cancer at 37.
    "From the moment the surgeon told me, it felt like cancer settled into every single cell of my body," she says in this episode.
    Lydia opens up to Daniëlla and the listeners about her cancer journey over the past two years: how she informed her four sons, navigated the chemotherapy process, and addressed people's questions. She also discusses how this experience strengthened her relationship with her husband and deepened her faith.
    *This is the first of two episodes for Breast Cancer Awareness Month. Be sure to listen to the next episode, where a doctor shares important medical insights.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Christa-Marie du Toit is swanger met haar tweede kind ná 13 rondtes IVF. Sy het haar eerste kind gehad na 6 rondtes UVF.
    Sy ken maar alte goed die emosionele wipwarit van maand na maand, jaar na jaar se wag en hoop. Hoop dat die swangerskapstoets dié keer positief sal wees.
    Sy wéét hoe uitmergelend dit kan wees vir 'n vrou se lyf; en hoe dit selfs die sterkste huwelik kan toets - om nie te praat van die finansiële tol wat dit eis nie.
    In dié episode praat Christa-Marie met Daniëlla oor haar jarelange IVF-reis, en deel ook wenke vir ander ma's wat dieselfde moeilike pad stap.

    Christa-Marie du Toit is pregnant with her second child after 13 rounds of IVF. She had her first after 6 rounds of IVF.
    She knows all too well the emotional rollercoaster of waiting and hoping month after month, year after year, for the pregnancy test to be positive this time.
    She understands how exhausting it can be for a woman's body and how it can test even the strongest marriage—not to mention the financial strain.
    In this episode, Christa-Marie talks to Daniëlla about her years-long IVF journey and shares tips for other moms walking the same difficult path.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z


  • "Juffrou Linky" op YouTube kry daagliks duisende 'views' – en jou peuter of kleuter is waarskynlik een van hulle! In hierdie episode ontmoet Daniëlla Linkie Retief, beter bekend as "Juffrou Linky." Ons gesels oor haar uiters suksesvolle YouTube-kanaal, wat nou ook haar en haar man, Retief, se voltydse werk is. Sy vertel waarom hulle Afrikaanse video's maak al is dit eintlik hulle Engelse kanaal, "Miss Linky," wat die rekeninge betaal. Maar ons praat ook oor ma-wees, hoe haar kinders die inhoud van haar video's beïnvloed, en haar drome vir die toekoms.

    "Miss Linky" on YouTube gets thousands of views daily—and your toddler or preschooler is probably one of them! In this episode, Daniëlla meets Linkie Retief, better known as "Miss Linky." We chat about her extremely successful YouTube channel, which has now become a full-time job for her and her husband, Retief. She explains why they make videos in Afrikaans even though it's actually their English channel that pays the bills.
    We also discuss motherhood, how her children influence the content of her videos, and her dreams for the future.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • (Her)ontdek jou Styl as Ma
    Voel jy dis tyd vir 'n verandering wat jou klere-keuses aanbetref? Haal jy keer op keer dieselfde items op dieselfde manier uit jou klerekas? Het jy hulp nodig om nuut na jou "ou" klere te kyk? In dié episode gee stylkonsultant Lizanne Anderson raad oor mode spesifiek vir ma's.
    Vroue sê dikwels hulle identiteit as mens het verander toe hulle 'n ma geword het. Jou leefstyl en finansies verander ook ingrypend, en daarmee saam is dit dikwels nodig om anders te kyk na jou klere en bykomstighede. Lizanne gee Daniëlla en die luisteraars raad oor hoe om op 'n begroting te koop, hoe om jou bestaande items te herbenut, en hoe om selfvertroue in jou eie styl te vind.

    (Re)discover Your Style as a Mom
    Do you feel it's time for a change in your clothing choices? Do you find yourself repeatedly reaching for the same items in the same way from your wardrobe? Do you need help to see your "old" clothes in a new light?
    In this episode, style consultant Lizanne Anderson offers advice on fashion specifically for moms. Women often say their identity as a person changed when they became a mother. Your lifestyle and finances also undergo significant changes, and with that, it's often necessary to reassess our clothes and accessories. Lizanne gives Daniëlla and the listeners advice on how to shop on a budget, how to repurpose your existing items, and how to find confidence in your own style.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z


  • Dat skermtyd 'n rol gaan speel in jou kleuter, kind en tiener se lewe, is byna onvermydelik. En hoewel amper elke ouer dit soms gebruik om ons te help om "dinge gedoen te kry", gaan dit dikwels gepaard met skuldgevoelens. In dié episode probeer ons riglyne skep vir gebalanseerde skermtyd. Arbeidsterapeut Carla Grobler deel die waarskuwingstekens wat jou kan help identifiseer of jou kind se skermtyd hulle negatief beïnvloed, en gee ook raad oor hoe om die kwessie aan te takel. Ons bespreek verskillende soorte skermtyd en die impak daarvan, en fokus op die alternatief—hoe om skermtyd te vervang met speel. Deur die gesprek probeer ons praktiese planne maak oor hoe gesinne skerms kan gebruik sonder om tyd saam prys te gee.

    That screen time will play a role in your toddler, child, and teenager's life is almost inevitable. And while nearly every parent uses it at times to help us get things done, it often comes with feelings of guilt. In this episode, we try to create guidelines for balanced screen time. Occupational therapist Carla Grobler shares the warning signs that can help you identify if your child's screen time is negatively affecting them, and also offers advice on how to tackle the issue. We discuss different types of screen time and their impacts, and focus on the alternative—how to replace screen time with play. Through the conversation, we try to create practical plans for how families can use screens without sacrificing time together.


    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Ouerskap het Karlien van Jaarsveld verander. Haar gestroop en omgedop.
    In hierdie episode van 'n Ma & 'n Mikrofoon gesels Karlien met Daniella oor die verskillende fasette van ma-wees. Sy moes immers al baie trotseer - haar tweeling, Daniël en Eliah, is vroeg gebore en sy moes hulle toe hulle ouer word, ook lei deur 'n egskeiding. Daarna het sy 'n miskraam gehad op 19 weke.
    Later telkens met klein Elah hospitaal toe jaag to 'n seldame siekte by die dogtertjie gediagnoeer is. En haar jongste, Johannes Samuel, was 'n "lockdown baba".
    Maar, vertel Karlien in die onderhoud, dit alles het haar gesin en haar geloof net versterk - en ten spyte van die moeilike dae, geniet sy haar huis vol kinders, lag en lewe.

    Parenthood has changed Karlien van Jaarsveld. Laid her Bare and brought her back to life again.
    In this episode of 'n Ma & 'n Mikrofoon, Karlien talks with Daniella about the different facets of being a mother. She has had to endure a lot—her twins, Daniël and Eliah, were born prematurely, and she had to guide them through her divorce as they grew older. She then had a miscarriage at 19 weeks.
    Later, she had to rush little Elah to the hospital multiple times after the girl was diagnosed with a rare disease. Her youngest, Johannes Samuel, was a "lockdown baby."
    But, Karlien shares in the interview, all of this has only strengthened her family and her faith—and despite the difficult days, she enjoys her house full of children, laughter, and life.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z


  • Om 'n werkende ma te wees voel soms asof jy in die sirkus is, en 10 balle gelyk in die lug probeer hou. Maar hoe gemaak wanneer die balle begin val?
    Daniëlla gesels in hierdie episode met bedryfsielkundige Elne Janse Van Rensburg van Moms At Work oor hoe 'n werkende ma balans (of die gebrek daaraan!) moet benader, moeilike keuses kan maak en haar nuwe identiteit vind en vestig wanneer sy terugkeer werk toe ná 'n baba. Elne praat ons ook moed in om vir ons kinders 'n voorbeeld te wees en te wys: "Kyk, ons kán moeilike goed doen".

    Being a working mom sometimes feels like you’re a circus juggler, trying to keep 10 balls in the air at once. But what happens when the balls start to fall?
    In this episode, Daniëlla talks with industrial psychologist Elne Janse Van Rensburg from Moms At Work about how a working mom should approach balance (or the lack of it!), make tough choices, and find and establish her new identity when she returns to work after having a baby. She also encourages us to be role models for our children and show them: "Look, we can do difficult things."


    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z

  • Om 'n tuisblyma te wees is baie dinge. 'n Uitdaging? Gereeld! Maar dis ook 'n voorreg en 'n roeping. In hierdie episode gesels Daniëlla met tuisblyma's Karyna le Roux en Riëtte van der Wat oor waarom hulle besluit het om op te hou werk, wat hulle doen wanneer hulle die dag oorweldig voel deur die verantwoordelikheid van dié rol; en hoe belangrik dit is om die einddoel voor oë te hou.

    Being a stay-at-home mom is many things. A challenge? Often!
    But it’s also a privilege and a calling.
    In this episode, Daniëlla talks with stay-at-home moms Karyna le Roux and Riëtte van der Wat about why they decided to stop working, what they do when they feel overwhelmed by the responsibilities of this role, and how important it is to keep the end goal in sight.

    - Intro Music from #Uppbeat (free for Creators!): https://uppbeat.io/t/abbynoise/burst-of-light License code: I430IW70W4DQLJ9Z