Episodes
-
Op die program vandag ... Indiensneming het in die eerste kwartaal met meer as 60-duisend gedaal.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die nuutste aanwysers.
In internasionale sake-nuus... China en die EU hou samesprekings oor elektriese motortariewe.
In beleggingsnuus, Old Mutual oorweeg om houers van sy Zimbabwiese aandele ‘n opsie te gee om dit te verkoop.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die ANC en DA Koalisie -
Op die program vandag ... Media24 gaan 400 poste sny.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor aanwysers.
In internasionale sake-nuus... Soedan staar ‘n katastrofiese voedselkrisis in die gesig.
In beleggingsnuus, Suid-Afrika se finansiële markte vaar baie goed.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die ekonomie en staatsfinansies. -
Missing episodes?
-
Op die program vandag ... Sentiment in die bousektor bly onder druk.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor sjokoladepryse.
In internasionale sake-nuus... China se grootmaat kommoditeitspryse het vir drie opeenvolgende maande gestyg.
In beleggingsnuus, Allen Gray glo in Suid-Afrikaanse maatskappye.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor ’n nuwe president, die ekonomie en staatsfinansies. -
Op die program vandag ... Afrika gaan die tweede vinnigste groeiende streek bly.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die ekonomiese impak van ‘n koalisie-regering.
In internasionale sake-nuus... Britse huispryse het in Mei teruggekeer na groei.
In beleggingsnuus, Koalisie-onsekerheid kan die rand verder verswak.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die belangrike aspekte van ‘n koalisie-regering -
Op die program vandag ... Pick n Pay het aangekondig dat hy winkels gaan sluit aangesien dit groot verliese aanteken.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die vervaardigingsektor.
In internasionale sake-nuus... Die wêreldvraag na Afrika-sjokolade neem toe.
In beleggingsnuus, Aandele van genoteerde hospitaalgroepe het met soveel as 35 persent gedaal.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor sakesiklusaanwysers, die uitwerking van die verkiesing en China se militêre oefeninge rondom Taiwan. -
Op die program vandag ... Gesondheidsorgaktiviste beweer dat die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) die regering meer as 'n triljoen rand kan kos.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die stand van die ekonomie.
In internasionale sake-nuus... Die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) het aanbeveel dat Britse rentekoerse verlaag moet word.
In beleggingsnuus, Microsoft sal besighede in swart besit help.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding oor die ANC se ondesteuning wat voor die verkiesing toeneem. -
Op die program vandag ... Suid-Afrika se werkloosheidsyfer staan op 32-komma-nege persent.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor sentrale banke en rentekoerse.
In internasionale sake-nuus... Zimbabwe het boetes aangekondig om die gebruik van sy geldeenheid se amptelike wisselkoers af te dwing.
In beleggingsnuus, Die private sektor is die belangrikste beleggingsdryfveer in Suid-Afrika.
En ons gesels ook met Sanlam se Ray-ann Sedres wat ons meer sal vertel van hul vennootskap met SANParke wat daarop gemik is om entrepreneurs by te staan. -
Op die program vandag ... Shell bevestig hulle gaan Suid-Afrika verlaat.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die impak van beurtkrag op die arbeidsmark.
In internasionale sake-nuus... Die verkope van iPhones het in byna elke mark regoor die wêreld gedaal.
In beleggingsnuus, Suid-Afrika is nie in die moeilikheid by beleggers nie.
En ons gesels ook met Sanlam se Ray-ann Sedres wat ons meer sal vertel van hul vennootskap met SANParke wat daarop gemik is om entrepreneurs by te staan. -
Op die program vandag ... Likwidasies in Suid-Afrika het afgeneem.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor wat die springbokke vir die ekonomie gedoen het.
In internasionale sake-nuus... Aandele in Meta daal weens planne om in kunsmatige intelligensie te belê.
In beleggingsnuus, die vraag na Krugerrande floreer in Suid-Afrika.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor afleggings in die mynbousektor, die ANC en terreurbefondsing. -
Op die program vandag ... President Ramaphosa is positief oor die land se ekonomie.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor werksoek in Suid-Afrika.
In internasionale sake-nuus... Tesla het sy pryse weer in 'n aantal groot markte verlaag.
In beleggingsnuus, werkers het kanse om aandele in die maatskappye te besit waarvoor hulle werk.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor die inflasie, die IMF se vooruitsigte en kuberveiligheid. -
Op die program vandag ... Tesourie het die sperdatum vir openbare kommentaar vir die Begrotingsfasiliteit vir Infrastruktuur verleng.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor dienhuidige aanwysers.
In internasionale sake-nuus... Inflasie in die Verenigde State bly hardnekkig.
In beleggingsnuus, beleggingspesialiste raai Suid-Afrikaners aan om hul spaargeld oorsee te belê.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor koalisieregerings, voedselskaarste en die konflik-eskalasie in die Midde-Ooste. -
Op die program vandag ... Die regering en privaatsektor moet saamwerk om werk te skep.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die prys van sjokolade.
In internasionale sake-nuus... Hoof van groot bank waarsku oor stygende rentekoerse.
In beleggingsnuus, MTN se groter belegging in sy Suid-Afrikaanse netwerk werp vrugte.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor watervoorsiening, staalverbruik en wan- en disinformasie. -
Op die program vandag ... President Ramaphosa verwelkom vordering om logistieke probleme te beëindig.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor inflasionêre druk.
In internasionale sake-nuus... Hapag-Lloyd het 'n verbeterde siening oor handel vir die res van 2024.
In beleggingsnuus, Old Mutual glo dat Suid-Afrikaanse aandele hul waarde begin wys.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor bedreigde energievoorrade, mielieproduksie en die rentekoers. -
Op die program vandag ... Rentekoerse sal vir langer in Suid-Afrika hoër bly.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor ‘n paar positiewe ekonomiese aspekte.
In internasionale sake-nuus... daar was 'n paar belangrike globale rentekoersbewegings.
In beleggingsnuus, Suid-Afrikaanse staatseffekte bied van die aantreklikste opbrengste wêreldwyd
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor die onteieningswetsontwerp, Suid-Afrika se verhouding met die VSA en die VPI. -
Op die program vandag ... Inflasie styg weer.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor wisselkoersspekulasie.
In internasionale sake-nuus... Japan se sentrale bank het die koste van lenings vir die eerste keer in 17 jaar verhoog
In beleggingsnuus, Suid-Afrika se verskansingsfondse toon goeie groei.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor rasseteikens in die finansiële dienste, skade aan die ondersese internetkabels en die Wysigingswetsontwerp op Verkiesingsaangeleenthede -
Op die program vandag ... Ekonome waarsku dat die inflasiekoers vir Februarie hoër kan wees as wat verwag is.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor ekonomiese aanwysers.
In internasionale sake-nuus... Japan vermy 'n tegniese resessie.
In beleggingsnuus, Suid-Afrika maak goeie vordering om die land van die gryslys af te kry.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor ’n moontlike resessie, sektore wat in die moeilikheid is en betalingsboikotte. -
Op die program vandag ... BBP het in die vierde kwartaal van 2023 toegeneem.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die gevare en koste van obesiteit vir individue en die gemeenskap.
In internasionale sake-nuus... Brasilië se ekonomie groei met twee-komma-nege persent.
In beleggingsnuus, daar is hoop vir aandele in Suid-Afrika.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor beurtkrag, Suid-Afrika se stadige groei en oliebeskikbaarheid. -
Op die program vandag ... Besigheidslikwidasies het met 34-komma-ses persent toegeneem.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor beloftes voor die verkiesing en beleidsonsekerheid.
In internasionale sake-nuus... Huispryse in China daal verder.
In beleggingsnuus, Besighede stel nie belang om in Suid-Afrika te belê nie.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor die begrotingsrede en werkloosheidsyfers. -
Op die program vandag kyk ons na die minister van finansies, Enoch Godongwana, se begrotingsrede.
Ons loer in by die ekonoom Waldo Krugel om te hoor wat hy van die begrotingsrede gedink het.
In internasionale sakenuus, Europa se grootste bank, HSBC, het 'n styging van byna 80% in sy voorbelaste wins behaal.
In beleggingsnuus, Premier Panyaza Lesufi glo dat Gauteng steeds die beste plek is om jou geld te belê.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor die Mededingingskommissie se mandaat, sukkelende vaste-beleggings en Japan se ineenstorting in 'n resessie. -
Op die program vandag ... Mynbou-uitset herstel in die vierde kwartaal van 2023.
Die ekonoom Waldo Krugel gaan ons meer vertel oor die belangrikheid van universiteite.
In internasionale sake-nuus... Barclays gaan nie meer nuwe olie- en gasprojekte finansier nie.
In beleggingsnuus, Sasol se aandele tuimel.
En ons gesels ook met Chris Hattingh van die Sentrum vir Risiko-ontleding om meer uit te vind oor die staatsrede en Amerika wat Suid-Afrika weer onder die vergrootglas plaas - Show more