Episodes
-
Cog van der Colff boer reeds die afgelope 20 jaar op ‘n familieplaas van 200ha in die Upington-omgewing, op die oewers van die Oranjerivier, wat tafeldruiwe, rosyne en pakanneute produseer. Cog het in 2006 na organiese boerdery oorgeskakel en ‘n paar jaar later sy eerste suksesvolle oes gelewer.
Die boerdery het van krag tot krag gegaan, en in 2011 is Cog aangewys as Agri SA/Toyota se ‘Boer van die Jaar’. Die plaas beskik boonop oor sy eie verpakkingsfasiliteit vir rosyne, wat ‘n addisionele bron van inkomste en werkskepping bied, en verlede jaar het Cog ook ‘n lisensie bekom om cannabis, vir medisinale doeleindes, te produseer vir uitvoer na Kanada. -
Tzaneen staan bekend as bosbouwêreld, met klem op veral denne- en bloekomplantasies. Zander Ernst, ‘n vierde-generasie boer wie se oupagrootjie bykans 100 jaar gelede hom hier gevestig het, se familie het egter twee dekades gelede begin om hul bloekom om te skakel na avokado’s toe.
Die feit dat hulle reeds oor ‘n wêreldklas avokado-kwekery beskik het, het die omskakeling vergemaklik, en vandag maak Allesbeste-boerdery ‘n noemenswaardige deel uit van Tzaneen se avo-produksie - wat 40% van Suid-Afrika se avokado’s lewer. -
Episodes manquant?
-
Vickie van der Westhuizen en sy broers het grootgeword op hul pa se plaas in die Parys-distrik. Die droogtes en hoë rentekoerse van die Negentigerjare, het hom en sy broers genoop om die grond onderskeidelik op te koop ten einde die plaas te red, en Vickie het sy plaas, Weiveld, oor die afeglope twee dekades opgebou tot een van die susksesvolste saaiboerderye in die distrik.
Boonop het hy ‘n paar jaar gelede ook ‘n voerkraal op die been gebring. Die volgende stap in die uitbreiding van sy bedryf is ‘n eie meule, want ten einde meer volhoubaar te wees is dit noodsaaklik om ‘n mens se produk verder te neem en van die middelmanne uit te sny. -
Pieter van der Westhuizen boer met mielies, sonneblomme en sojabone, nadat hy aanvanklik met beeste gespekuleer en ook ‘n melkery bedryf het.
Hy verkies saaiboerdery aangesien die omdraaityd vinnig is en ‘n mens, met behulp van moderne tegnologie, vinniger die regte besluite kan neem om jou besigheid te verbeter. Hy spandeer ook heelwat geld om sy grond se vrugbaarheid en status voortdurend te verbeter.
Verder glo Pieter in proewe - standproewe, kunsmisproewe, kultivaarproewe ensovoorts - en het hy ‘n voltydse persoon aangestel met die uitsluitlike doel om proewe te plant.
Sy werkers, en veral die trekkerdrywers, beskou Pieter as spesialiste in hul eie reg, wat groei saam met die tegnologie, en derhalwe betaal hy hulle tot drie maal die minimum loon. -
Met ‘n geoktrooieerde rekenmeester as pa, was Johan Vos as kind ‘n dorpsjapie wat, danksy sy ma, wat ‘n plaas geërf het, van jongs af ‘n passie vir boerdery ontwikkel het.
So passievol was Johan daaroor as ‘n tiener, dat hy smiddae na skool uitgedraf het plaas toe en terug - net om vir ‘n paar uur te kon boer.
Vee was nog altyd sy groot liefde, maar mielies het noodsaaklike diversifikasie gebied soos die besigheid uitgebrei het. Johan het ook ‘n meule op die plaas bedryf, maar dié uiteindelik toegemaak namate die administrasie daarvan, en spesifiek geldinvordering, die aandag van sy boerdery begin aflei het. -
Bernard Scheepers van Ermelo se verhaal is sowel hartroerend as inspirerend. Nadat hy op tragiese wyse altwee sy ouers verloor het in ‘n wrede aanval op hul plaas in 1997, wou hy aanvanklik nie meer boer nie.
Hy het begin rondspeel in die eiendomsmark, as ‘n veiliger alternatief tot landbou, maar hoewel hy mettertyd ‘n indrukwekkende portefeulje van eiendomme regoor Suid-Afrika opgebou het, het Bernard intussen, ten spyte van die familie-tragedie, sy passie vir die plaas herontdek.
So veel so, dat hy oor die afgelope twee dekades die boerdery meer as vervierdubbel het... -
Martin Louw is ‘n derde-geslag boer van die Vredefort-distrik wat met sojabone, ‘n Beefmaster-stoet en Vleismarino skape boer. Sy besigheidsin kom van kleintyd af toe hy progressief met hoenders, lammers en uiteindelik beeste begin boer het.
Interessant genoeg, word sy hele saaiboerdery eiehandig hanteer deur slegs Martin en sy seun, en om die rede glo Martin vas in die betroubaarheid van John Deere-masjinerie.
Die onstabiliteit van die mielieprys het Martin genoop om hom eerder op sojabone toe te te spits, wat, met behulp van die nodige toerusting, ‘n meer winsgewende gewas vir hom bied.
Hy waarsku egter teen die beoogde vervoerdifferensiaal, wat graanpryse dramaties kan laat val. -
Barry Landman en sy twee broers is derde-generasie sitrusboere op Letsitele, naby Tzaneen. Hul hoofvertakking is lemoene, maar hulle produseer ook pomelo’s en suurlemoene, en het onlangs begin diversifiseer met die ontwikkeling van sowel makadamias as avokado’s.
Die nuutste toevoeging tot die besigheid, wat die broodnodige diversifikasie-proses eenvoudig na ‘n ander vlak neem, was die vestiging van ‘n Caltex-vulstasie, met ‘n FreshStop-geriefswinkel en Liquor City-drankwinkel, langs die hoofpad. Christie Landman Boerdery (vernoem na hul oorlede pa) gee behoorlik gas! -
Vlok Hanekom boer saam met sy broer Coetzer op Die Mas, ‘n plaas wat deur sy ouers, Vlok sr en Welna Hanekom, in 1970 op die been gebring is en geleë is in die Kakamas-distrik - op die oewers van die Oranjerivier.
Die streek beskik oor unieke klimaatstoestande, met die water van die magtige Oranjerivier wat, tesame met die snikhete Afrika-sonskyn, lewe blaas in die vrugbare grond van hierdie semi-woestyngebied.
Die Hanekoms produseer derhalwe ook ‘n unieke kombinasie van sowel tafeldruiwe en rosyntjies, vir uitvoerdoeleindes, as bekroonde wyne en brandewyne. -
Theo Prinsloo staan, saam met sy ou skoolvriend Johan Swarts, aan die stuur van , ‘n innoverende maatskappy wat ‘n alles-in-een, 100% organiese kunsmisproduk aan boere voorsien.
GuanoBoost word vervaardig van Namibiese guano (voëlmis) wat, met ‘n stikstoftelling van N16.5%, die hoogste konsentraat ryk, natuurlike messtof in die wêreld bevat. Die produk word verwerk by hul aanleg in Swartwater, Limpopo.
GuanoBoost help kommersiële boere om sowel hul oesopbrengste as die rakleeftyd van hul produkte op ‘n volhoubare manier te verhoog, terwyl dit tersfeldertyd operasionele logistiek vergemaklik en omgewingsvriendelik is. -
The Tornadoes, ‘n Britse popgroep van die Sestigerjare, het in 1962 ‘n futuristiese Nr 1-treffer gehad met hulle enkelsnit, ‘Telstar’,wat verwys na een van die eerste kommunikasie-satelliete wat ooit gelanseer is.
Soos Kallie Carlsen egter verduidelik, is kommunikasie-satelliete lank reeds nie meer futuristies nie. Kallie is die besturende direkteur van Paratus Suid Afrika, ‘n onafhanklike verskaffer van laaste-myl, satelliet-gebaseerde konnektiwiteit en toegangsoplossings. As een van die grootste verskaffers in Afrika, beskik Paratus oor 4000 satelliet-terminale regoor die vasteland en bied dit die volle spektrum van end-tot-einde konnektiwiteitsoplossings.
Dit lewer onder andere ook ‘n kritieke diens aan boeregemeenskappe, met die groeiende kommer rondom plaasveiligheid in Suid-Afrika. -
As die Kommersiële Bestuurder vir Bayer SA se afdeling vir gewaswetenskap, is Kobus Steenekamp en sy span verbind daartoe om vernuwende oplossings te bied wat boere se oes-potensiaal verhoog.
Dit behels die beskerming van gewasse teen vernietigende siektes en peste.
Met produkte wat wissel van hoë-aangedrewe saad tot vindingryke biologiese en chemiese gewasbeskerming, lewer Bayer, wat onlangs ook die Amerikaanse biotegnologiese maatskappy Monsanto oorgekoop het, inderdaad wetenskap vir ‘n beter lewe. -
I had a very insightful chat with John Deere USA’s Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, and hearing how they viewed the innovation of agriculture in Africa. Both Tavonga and Nate are intimately involved with Precision Ag Technology, which is aimed at helping producers worldwide to run more productive, profitable and sustainable farming operations.
-
Patrice Motsepe is a mining billionaire, who was named South Africa’s richest man in 2012 with an estimated fortune of R12 billion. He delivers an impromptu yet highly inspirational talk on the challenges facing the country. According to Motsepe, everybody simply needs to take hands and work together in helping to shape an inclusive country.
-
The Buhle Farmers Academy is a unique, non-profit organisation that trains young, emerging farmers, at their 180n ha Delmas campus.
Buhle is helping these young agriculturalists to fully discover the 'gift' of farming, says the agency's friendly CEO, Nyiko Maluleke.
According to Nyiko, Buhle is all about training students in a practical manner enabling them to run a successful farming business and create jobs for themselves and others.
And, this institution's many success stories speak for themselve ... -
Oorlêland is die sleutel tot vrugbare grond, en iets waarin Frikkie Nel van Bothaville vas glo. Frikkie boer omdat dit in sy bloed is, en omdat dit lekker is vir hom.
Hy erken egter dat boerdery ‘n uitdaging bly, veral in hedendaagse tye, en dat ‘n mens ‘n fyn balans moet handhaaf om optimaal te produseer. Oorlêlande is veral nuttig aangesien die reënval so wisselvallig is, en die belangrikste voordeel daarvan is dat dit vog stoor.
Frikkie maak verder ook geen geheim van sy voorliefde vir John Deere-trekkers nie. Ek het ‘n heerlike geselsie geniet met hierdie kleurvolle alumnus van Potch se eertydse ‘Pampoenboere’... -
Thabo van Zyl is nie alleen ‘n suksesvolle mielieboer van die Vrystaat nie, maar het onlangs ook Syngenta se Leadership Academy for Agriculture-program suksesvol voltooi. Volgens hom het dié kursus weereens benadruk hoe belangrik effektiewe leierskap, en kommunkasie, in die landbou-sektor is.
Hierdie Wesselsbron-boer gesels ook padlangs met Jacques Basson oor die uitdagings wat uiterste klimaatstoestande bied, die belangrikheid daarvan om te diversifiseer en die transformasie wat boerdery ondergaan het oor die afgelope paar dekades, danksy meer gevorderde toerusting en tegnologie.
Soos Thabo tereg opmerk, wat landbou betref is normaal nie meer normaal nie... -
Almal ken daardie hulpelose gevoel wanneer die kamera langs die pad vir jou flits. Jy glimlag beslis nie. Die rompslomp daarna laat ‘n mens selfs meer hulpeloos voel. Hulp is egter byderhand, want Cornelia van Niekerk het die lig gesien.
Cornelia wou iets unieks, iets spesiaals spesiaal vind, waar sy daadwerklik ‘n diens kon lewer. Fines4U bied presies dit: ‘n maatskappy wat individue en besighede bystaan in die kontrolering en pynlose bestuur van hul verkeersboetes en hernuwing van lisensies.
Juis daarom spog Fines4U reeds met kliënte soos Mercedes Benz, VW, Subaru, Suzuki, WeBuyCars en 172 ander besighede...
Fines4U kan uiteraard ook van onskatbare waarde wees vir individue en instansies in die landboubedryf. -
Syngenta is ‘n innoverende maatskappy wat nie slegs gewasbeskermingsoplossings vir boere ontwikkel nie.
Ben Schoonwinkel, hoof van kliëntebemarking vir Syngenta, gesels met Jacques Basson oor ‘n verskeidenheid van vernuwende inisiatiewe waarby Syngenta betrokke is.
Syngenta, wat in 2000 tot stand gekom het nadat Novartis Agribusiness en Zeneca Agrochemicals saamgesmelt het, is een van die grootste gewasbeskermingsmaatskappye in die wêreld, met verkope van US$13.5 biljoen in 2019.
Volgens Ben is Syngenta se hoofdoel om nuwe oplossings na boere te bring, maar met bykomende initiatiewe soos Agriclime, ‘n versekeringsopsie aan Syngenta-klante, en die Leadership Academy for Agriculture, wat leiers help ontwikkel en toerus met die nodige vaardighede en kundigheid om ‘n verskil te maak in die sektor, het Syngenta hulself ongetwyfeld gevestig as een van die groot rolspelers in Suid-Afrikaanse landbou... -
In Amerika dra landbou meer as $100 biljoen by tot die ekonomie. Boerdery ondergaan snelle ‘vernuwing’, veral wat slimtegnologie betref.
Derhalwe was dit uiters insiggewend om met John Deere afgevaardigdes Tavonga Siyavora en Nate Heinrich, van die VSA, te kon gesels en hoor hoe hulle die ‘vernuwing’ van landbou in Afrika sien, tydens die onlangse Africa Agri Tech-konferensie in Pretoria.
Tavonga en Nate, hoewel in verskillende hoedanighede, is altwee nou betrokke by Presisie Landbou-tegnologie, oftewel ‘Precision Ag Technology’.
Tavonga, beywer hom daartoe om produsente wêreldwyd te help om meer produktiewe, winsgewende en volhoubare boerderye te bedryf, en volgens Nate werk John Deere nou saam met hulle uitgebreide handelaarsnetwerk om te verseker dat hulle uitreik na klante groot en klein.
Dis hier waar die konsep van Ontwerpdenke, oftewel ‘Design Thinking’, inkom. John Deere moet bepaal wat die ekonomiese en landboukundige ruimtes van geleentheid is wat die maatskappy vir boere kan ontsluit... - Montre plus