Episoder
-
Genl.maj. Roland de Vries was altesame 37 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) en die nuwe Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW). Sy loopbaan strek van voor tot ná die 23 jaar lange Grensoorlog, en is nou verweef met die geskiedenis van die Ratel-gevegsvoertuig en sy geliefde regiment, die gevierde 61 Gemeganiseerde Bataljongroep. Hy word beskou as een van die mees invloedryke bevelvoerders en een wat die moeite gedoen het om werklik oor die teorie van oorlogvoering te besin en ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse militêre doktrine sonder weerga te ontwikkel. Hier is 'n boodskap aan sy troepies.
-
“Ek was gelukkig dat ek nie in baie kontakte was nie. Die manne van 32 [Bataljon] en die Koevoet-manne, dáái ouens het dag in en dag uit kontakte gehad. Ek was gelukkig gewees. Ek het net drie keer kontak gehad in die twee jaar wat ek diensplig gedoen het. Uhm, en dan ’n operasie tydens my Burgermagkampe. Ja, ek het maar drie keer kontak gehad met die vyand.”
Arnold* vertel my nie van ’n kontak nie. By hom spook die aksie nie, maar dit wat ná ’n kontak kom.
Volle onderhoud in die boek.
-
Mangler du episoder?
-
Gert vertel van 'n insident in Januarie 1983 tydens Operasie Askari waar hulle die dorpie Cuvelai moes gaan "skoonmaak". "Skoonmaak", vir diegene wat nie met die term bekend is nie, is om na afloop van 'n veldslag op te ruim: dit sluit weermagvoertuie en -toerusting, landmyne en lyke in. Toe hy op 'n FAPLA-soldaat se lyk afkom, vind hy tot sy skok 'n Bybel in sy sak. Op die vooraand van hul geveg het die SAW-kapelaan vir hulle 'n vers uit Psalm 55 gelees: "Mag die dood my vyande oorval." In die FAPLA-soldaat se Bybel is 'n boekmerkie by Fillipense 4:13: "Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee." Hy sluit af met 'n gebed wat hy 30 jaar na die oorlog neergepen het:
Vader, bevry my van lankal se goed
Dit bly kleef aan my soos ou bloed
Gedagtes, flitse van onthou wat my verslind
Ek dra dit saam, ek was jonk, deur patriotisme verblind
U ken die groot plan, U ken my seer
Te veel het gesterf, nou ontneem van alle eer,
Help my God, om te vergeet, om te vergewe
Help my om aan te gaan, te lewe,
Here, ek weet U staan aan my sy,
Raak aan my, maak my vry
Vat weg hierdie bloed van lankal se goed
Sodat ek kan proe, die lewe, so soet
-
"Dis basis lykskending," verduidelik Danie.
-
Anelia gesels met Danie oor sy weermagloopbaan wat 'n "groot jôl" was, hoekom hy homself tans voorberei op 'n Suid-Afrikaanse burgeroorlog, en of daar enigsins hoop op versoening is.
-
"Die medic probeer hierdie ou mond-tot-mond gegee, en dan val hierdie halfdooie mens se lippe af, op die medic se lippe," vertel Tobie oor 'n necklacing insident in die townships. Oor die Uniegebou Bom: "Jy kon nie mooi sien of dit 'n arm of 'n been is nie."
-
Almarie vertel van die dag toe sy van haar seun se dood op die Grens verneem.
-
Na 3 dekades van sy stryd teen alkoholisme sê Herman: "Daar was nie ondersteuning vir ons nie."
-
"Jy dra jou maatjies oor. Niemand bly agter nie."
"Dis so draffetjie wat jy in basies moet doen. Hulle maak 'n moerse f*kken lawaai daaroor."
-
Elana, wat haarself voorstel as "die enigste les in die SAPS" gesels oor hoe dit vir haar was om in '83 lede van die ANC in die tronkselle op te pas.
-
Was dit die moeite werd? Is die ANC vandag nog ons vyand? Sarel dink so.
-
"Die snaakse goed het eintlik al met kadette begin," vertel Johan.
-
Anelia gesels met Arina Jooste - een van die eerste groep van 128 dames wat in 1971 by die Burgerlike Beskermingskollege aangesluit het.
-
"Die weermag het nie gediskrimineer nie, ten minste nie vir die eerste 2 jaar nie. Almal was maar ewe k*k as jy daar aankom."
-
"Dit was nie so erg nie. Meeste van ons het maar net army toe gegaan en dan hoop jy maar jy kom lewendig daaruit."
-
"Daar was baie meer storie'tjies as wat daar bloed was," sê Johan.
"My ma ken 'n paar oudsoldate. Dit kan 'n goeie projek wees... as jy dit reg aanpak," sê Chris.