Episodes
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Fritz Rexrodt van die maatskappy Swavet. Hy verduidelik die maatskappy se verbintenis tot sy belofte, “Your animals, our priority”, en beklemtoon sommige van die belangrikste Swavet-produkte waarvan boere moet weet. Hy bespreek ook hoe die maatskappy kleinskaalse en opkomende boere ondersteun deur middel van sy produkte, dienste en tegniese ondersteuning.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn Probe-konsultant by die maatskappy DFM Technologies, Lauren McMorran. Sy verduidelik wat die DFM-probes behels, hoe dit werk en hoe dit tot voordeel van klein tot groot boerderye ingespan kan word.
-
Missing episodes?
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor die oordrag van landbougrond na nuwe eienaars en die gevaar wanneer hierdie grond nie reg benut word nie.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor hoe Baytrac kliente help wanneer ʼn voertuig gesteel word en hoekom vinnig reaksietyd belangrik is. Sy verduidelik ook hoe opsporingstegnologie kan help om diefstal te voorkom voordat dit gebeur.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van Herholdt's Group. Hy gesels oor die belangrikheid van elektriese infrastruktuur in energie- en sonkraginstallasies. Hy verduidelik hoekom elektriese infrastruktuur so belangrik is in energie- en sonkraginstallasies en hoe goeie elektriese ontwerp die prestasie van 'n energieprojek kan beïnvloed.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons: 'n gemeenskapsprojek wat deur samewerking tussen AfriForum, Saai en die Barolong Boo Seleka-kultuurgemeenskap voedselsekerheid, werksgeleenthede en hoop vir die gemeenskap in Thaba ’Nchu, buite Bloemfontein skep. Ons hoor hoe dié projek oor ses jaar ontwikkel het tot 'n suksesverhaal wat reeds skole, bejaardes en die breër gemeenskap bevoordeel.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Tanja Potgieter van die maatskappy InteliGro. Sy gesels oor die jeug in landbou en hoe vroeë blootstelling die volgende geslag landbouleiers kweek. Sy gee ʼn oorsig van die belangrikheid van praktiese blootstelling aan lanbou, hoe innovasie en ervaring mekaar ontmoet en deel ook ’n belangrike boodskap vir jongmense oor ’n moontlike loopbaantoekoms in landbou.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA. Hy bespreek 'n inisiatief wat boere in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo toelaat om gratis van verouderde plaagdoders ontslae te raak. Hy verduidelik wat boere moet weet oor hoe om dit veilig aan CropLife SA oor te handig.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor die belangrikheid van reaksietyd wanneer dit kom by opsporings- en vlootbestuurskwessies. Sy verduidelik ook wat kliënte kan verwag wanneer hulle Baytrac vir ondersteuning kontak.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor energie wat een van die grootste bedryfsrisiko’s in die landbou geword het, weens die stygende koste van kragvoorsiening en brandstof. Hy verduidelik watter boerdery-aktiwiteite die meeste deur stygende diesel- en elektrisiteitskoste geraak word en hoe sonkrag ʼn al hoe groter rol in landbou in die toekoms sal speel.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile Jordaan van METOS SA. Hy vertel meer oor die belangrikheid van weerdata vir landbou. Hy verduidelik hoe boere tans anders na weerdata kyk as tien jaar gelede en hoekom veral hiper-gelokaliseerde weerdata boere help om hul spuitvensters en hul boerdery in die algemeen beter te bestuur.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor onbetroubare tradisionele sekuriteit soos heinings, alarms, gewapende reaksie teenoor meer moderne oplossings.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur bemarking en tegnies by die maatskappy World Focus Agri, At van Schalkwyk. Hy verduidelik die konsep Geintegreede Plantenergiebestuur en hoe World Focus Agri boere bystaan met die proses deur middel van spesifieke produkte.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nico Barnard by Pannar Seed. Hy is ʼn Streekslandboukundige vir die sentrale streke van die land. Nico vertel meer oor mielieverbouing en wat nodig is om maksimum opbrengste te verseker.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy vertel meer hoe sonkrag brandstofkostes kan teenwerk en plaasproduktiwiteit kan verhoog. Behalwe vir die vermindering van brandstofkoste hou sonkragstelsels ook ander voordele vir plase in.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel meer oor fosfor, een van die belangrikste voedingselemente vir plante. Sy gee ʼn oorsig van Rovensa Next se biostimulant, Cosmoroot, hoe dit werk en ook hoe dit deur middel van proewe deeglik getoets is as ʼn ideale oplossing vir boere.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besigheidsbestuurder vir Pioneer Seeds in Suid-Afrika, Jaco Snyman. Hy vertel meer oor Pioneer se 100 jaar viering en fokus op die pad vorentoe. Hy gee ook ʼn oorsig van spesifieke fokusareas by Pioneer vir die volgende plantseisoen.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels verder oor Baytrac en gee ʼn oorsig van hulle standaard Baytrac opsporingspakket en hoe maatskappye gewoonlik hierdie opsporingstelsels gebruik.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor oor energie wat een van die grootste bedryfsrisiko’s in die landbou geword het, weens die stygende koste van kragvoorsiening en brandstof. Hy verduidelik hoe boere sonkrag sien as beskerming teen risiko, eerder as net ’n volhoubaarheidsprojek.
-
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy gesels oor toekoms van varkproduksie in Suid-Afrika en hoe die bedryf meer volhoubaar word.
- Show more