Episódios

  • Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV).

    Hoe reageer jy op mense wat die verkeerde dinge doen? Hoe hanteer jy diegene wat jou seermaak; diegene wat nie van jou hou nie; diegene wat jou op een of ander manier verkleineer? Sê my, hoe reageer jy?

    Hoe reageer ons gewoonlik? Ons wil hulle straf. Klink dit ‘n bietjie konfronterend? Trap ek nou op jou tone? Wag ‘n bietjie! Iemand het jou die harnas ingejaag en dadelik is jy reg om met hom af te reken. Afhangende van of jy 'n sagter, vriendeliker persoon, of 'n meer konfronterende een is, sal jy óf die seer diep in jou binneste voel en uit die situasie onttrek, óf sommer lus voel om hom met die vuis by te kom.

    Hoe jy ook al reageer, diep binne-in jou sal jy hom veroordeel en op een of ander manier dink aan 'n plan om hom te straf. Miskien sal jy net heeltemal onttrek? Of miskien sal jy aanhou om nare dinge oor hom te dink? Of miskien sal jy hom dwarsboom? Of miskien sal jy sy naam swartsmeer en vir ander teen hom waarsku, en sê dat hy nie vertrou kan word nie.

    Daar is 'n magdom verskillende opsies vir jou beskikbaar, maar watter een jy ook al kies, dit behels vergelding, en jy gee hom, volgens jou, net wat hy verdien! Tensy … wel, hier is wat Jesus hieroor sê:

    Lukas 6:37 Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word. (NLV).

    Miskien is dit vir jou 'n bekende Skrifgedeelte, maar hoe gereeld pas jy dit toe op die mense wat jou seergemaak het, wat jou sleg behandel het? Jesus praat vandag baie duidelik met ons elkeen oor ons verhouding met daardie mense.

    Moet hulle nie oordeel nie, moenie hulle veroordeel nie, maar vergewe hulle. Dit hou gevolge in vir ons almal; nie net in terme van ons verhouding met daardie mense nie, nie net in terme van ons eie welstand nie, maar in terme van hoe God óns sal behandel. Leer om te vergewe.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Belasting. Ons almal betaal dit - dit is 'n feit van die lewe. Maar hoe sou ons in Jesus se tyd gevoel het as die tollenaars oneerlik was? Hoe sou dit gewees het as hulle belasting vir 'n vyand, die Romeine, ingevorder het, terwyl hulle onder die tafel hul eie sakke gevul het? Hoe sou ons dan oor belasting gevoel het?

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Estão a faltar episódios?

    Clique aqui para atualizar o feed.

  • Lukas 6:35,36 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV)

    Mense verskil hemelsbreed van mekaar. Mense is uniek. Jy kan dalk op een vlak hoogs begaafd wees, terwyl die volgende persoon op 'n ander terrein hoogs begaafd is. Dit is hoe dit veronderstel is om te wees.

    Die fout wat ons egter maak, is wanneer ons dink dat (a) almal op ‘n spesifieke terrein net so goed soos ons moet wees en (b) dat hulle dom is, as hulle nie is nie.

    Klink dit nie 'n bietjie genadeloos nie? Glad nie. Ons doen dit die hele tyd. Hoe dikwels het jy al gevind dat jy sê: "Ek verstaan net nie hoekom daardie persoon nie ..." Wat jy eintlik sê, is: “Hoekom sien hulle dinge nie soos ek dit sien nie? Hoekom is hulle nie goed op my terrein nie?”

    Ek het die eerste gedeelte van my lewe neergesien op mense met 'n laer IK as myne. Ek het hulle verkleineer en hulle minderwaardig laat voel. Ek het nie eers die moontlikheid oorweeg dat baie van hulle ‘n talent gehad het, wat ek nie het nie; iets baie meer waardevol, iets baie belangriker - Emosionele Intelligensie; of sagmoedigheid, 'n vriendelikheid wat ek nog nooit gehad het nie; of die vermoë om die foute van hul vyande oor die hoof te sien en om goed te wees vir mense wat vir hulle sleg behandel.

    Lukas 6:35,36“Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.” (NLV)

    Ja, my vriend, die vriendelikste persoon in die vertrek is dikwels die wysste persoon. Wees lief vir jou vyande.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Spreuke 12:28 Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie.

    Navorsing oor ‘n lang tydperk het bevind dat maatskappye wat langtermyn sukses ervaar, binne 'n gesonde morele raamwerk funksioneer. Hulle doen eerlike besigheid; hulle is ordentlik teenoor hul werknemers en kliënte, ensovoorts.

    Destyds toe ek en my sakevennote – almal voormalige militêre offisiere – ons IT-konsultasiebesigheid begin het, het ons die oudste, wysste en mees senior vennoot as die uitvoerende hoof aangestel.

    En uit die staanspoor het hy dit duidelik gemaak dat die grondbeginsel wat alles wat ons doen sou onderlê, bepaal dat ons altyd in die beste belang van ons kliënte sal optree, selfs wanneer dit nie vir ons kommersiële voordeel ingehou het nie.

    Ek was toe nog nie 'n Christen nie, en ek moes 'n bietjie gewoond raak aan hierdie etiese raamwerk. Maar dit was die hoeksteen van ons sukses. Ons kliënte het ons vertrou; en dit het meer van hulle besigheid, en ook mense wat hulle na ons verwys het, ingebring.

    Ja, regverdigheid kweek sukses. Dit behoort geen verrassing te wees nie. Die idee is so oud soos die berge:

    Spreuke 12:28 Die pad van die regverdige loop na die lewe; dit is nie ’n pad wat na die dood toe lei nie.

    Ons vind werklike lewe, ewige lewe, wanneer ons ‘n pad van goedheid, van geregtigheid, van etiese opregtheid bewandel. Hoekom? Want God is die God van goedheid. Hy is die God van geregtigheid. En wanneer ons daardie soort lewe leef, leef ons volgens sy voorbeeld.

    Kom ons doen ‘n bietjie introspeksie: Hoe lyk jou morele raamwerk deesdae? Waarheen lei jou morele kompas jou? Want … langs die pad van goedheid is daar lewe; dit is die manier om vir ewig te lewe.

    En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Spreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel.

    Wanneer word ‘n behoefte aan rus, ons verskoning vir luiheid? Ja, ons weet dat ons almal moet rus van ons arbeid, maar daar is 'n fyn lyn tussen iemand wat ware rus nodig het en 'n lieplapper wat tot luiheid verlei word.

    Mense vra my soms waarom ek so hard werk. Dis maklik om dit te beantwoord. Daar sterf daagliks ontelbare mense in 'n Christuslose ewigheid en God het my geroep om hulle van Jesus te vertel – dis die rede waarom daar 'n werklike dringendheid is aan hierdie werk wat ek doen!

    Soms werk ek te hard, dalk is jy dieselfde. En ten spyte van die feit dat ek nie van nature lui is nie, sal ek eerlik wees, elke nou en dan is daar 'n versoeking om dinge rustiger te neem, om te ry sonder om die petrol te trap; om net so ‘n bietjie ‘n blaaskans te neem.

    Dit kan op sigself 'n vorm van rus wees, maar as dit te lank aanhou, word dit luiheid. Koning Salomo van Israel, het dit drieduisend jaar gelede, baie duidelik gestel:

    Spreuke 12:27 Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel. (NLV)

    Ek stel ek nie in rykdom belang nie. My belangstelling lê daarin, om jou in jou geloofswandel aan te moedig; en om te sien hoe meer mense tot 'n reddende kennis van Jesus kom.

    Dit maak nie saak wat ons persoonlikheidstipe of samestelling is nie, die versoeking is altyd daar om in luiheid te verval. Watchman Nee, die Chinese pastoor wat baie gely het om die Woord van die Here te verkondig, het dit eenkeer so gestel.

    Ons sê gereeld dat rus bloot luiheid is. Ons weet dat die liggaam, soos ons verstand en gees, van tyd tot tyd ‘n ruspouse vereis. Maar ons moet nooit rus, uit luiheid wat uit ons sondige natuur spruit nie. Ja, so dikwels is luiheid maar net ‘n emosionele hekel aan werk. Ons noem dit fisiese moegheid, terwyl dit inderwaarheid net as 'n verskoning gebruik word om lui te wees.”

    Die luiaard verroer nie ’n vinger om self kos te maak nie. ’n Hardwerkende mens gaan uit sy pad om kosbare besittings te versamel.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag .

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”

    Die dood is ongelooflik finaal. Wanneer jy sterf, hou jy op om asem te haal, jou hart hou op met klop, jou bloed hou op met vloei, jou brein gaan dood en van daardie oomblik af begin jou liggaam se aftakelingsproses. Dit is ongelooflik finaal.

    Dit is hoekom die beloftes van God deur Jesus Christus, sy Seun, so vreemd lyk. Dis so ver verwyder van die realiteite van dít wat ons hier op aarde in die gesig staar. Maar weet jy: die grootste belofte wat ons van Hom kry, is dat ons fisiese dood nie die einde is nie. Dit is die begin van 'n hele nuwe ewigheid vir ons.

    Kan ons vandag net nader aan daardie waarheid kom? 'n Liggaam in 'n kis is nie die einde nie, dit is die begin. Nadat ek my bejaarde ma onlangs begrawe het, is dit vir my selfs meer aangrypend. Nadat ons na haar kis in daardie diep gat afgekyk het, het dit vir ons gevoel asof dit so finaal is. Maar Jesus het gesê:



    Johannes 5:28,29 Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word.”

    Vir diegene wat die egtheid van hul geloof in Jesus bewys het deur goed te doen, wag daar ‘n ewige lewe. Ja, hulle sal die ewigheid in sy Teenwoordigheid deurbring. Maar, dié wat verkeerd gelewe het, sal nie.

    Moenie hieroor verbaas wees nie: daar kom 'n tyd wanneer almal wat in die grafte is, sy stem sal hoor en sal uitgaan. En as jy in Jesus glo, sal dit 'n heerlike dag wees!

    Moet dus nie verbaas wees wanneer jy vir alle ewigheid, in al sy glorie, by Hom staan nie.

    Moenie verbaas wees nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Baie mense verstaan die enigste vereiste vir toegang tot die ewige lewe heeltemal verkeerd. Sommige sê, ek is nie so 'n slegte mens nie. Ek behoort reg te wees. Terwyl ander wonder, sal ek uiteindelik goed genoeg wees?

    Wel, is jy goed genoeg? Ek is nie; en wat meer is, ek sal nooit wees nie. Nouja, ek is nie so 'n slegte mens nie. Ek het tot dusver 'n redelik ordentlike lewe gelei en dieselfde is waarskynlik van jou ook waar. Maar nie een van ons het 'n lewe geleef wat goed genoeg vir God is nie. Ons het almal gesondig en skiet tekort aan sy heerlikheid. Sy standaard is absolute volmaaktheid.

    En dis hoekom Jesus vir jou en vir my na hierdie aarde gekom het; om aan die Kruis te sterf om die prys wat God se geregtigheid vir ons sonde eis, te betaal. Hy het weer opgestaan om ons die gawe van 'n nuwe lewe hier op aarde en die ewige lewe in sy Teenwoordigheid te gee.

    Hoe ontvang ons hierdie sekerheid van die ewige lewe? Deur harder te werk? Deur 'n goeie mens te wees? Nee, my vriend, hier is die antwoord in Jesus se eie woorde:

    Johannes 5:24 “Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Ons ontvang die ewige lewe bloot deur in Jesus te glo. Deur geloof in die prys wat Hy aan die Kruis betaal het; deur geloof in die feit dat ons skuld en die oordeel wat óns verdien, op Hom geval het. Ons het die ewige lewe deur geloof in die Seun van God.

    Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

    Deur geloof.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.

    Daar bestaan absoluut geen twyfel dat Jesus indrukwekkende wonderwerke gedoen het nie. Hy het die verlamdes laat loop; die blindes laat sien; vir Lasarus uit die graf laat opstaan. Maar wat was die doel van dit alles? Wat beteken daardie wonderwerke vandag vir ons?

    Die afgelope paar dae het ons gesels oor Jesus se ongelooflike wonderwerk om daardie verlamde man op 'n draagbaar in staat te stel om op te staan en te loop. Stel jou voor dat jy dit sien gebeur. Of, stel jou voor dat jy daardie man is en ervaar wat hy ervaar het.

    En hier, tweeduisend jaar later, lees ons steeds, en praat ons steeds, oor Jesus se wonderwerke. Hoekom? Waarop dui daardie wonderwerke? Wat beteken hulle vandag vir ons? Hier is dit, in Sy eie woorde:

    Johannes 5:20,21 Die Vader het die Seun lief en wys Hom alles wat Hy doen; en Hy sal Hom nog groter dade as hierdie wys, sodat julle verbaas sal staan. Soos die Vader die dooies opwek en lewend maak, so maak die Seun ook lewend wie Hy wil.

    Nouja, wat is die antwoord? Dit leer ons dat Jesus die krag het – die krag – om vir ons die lewe, die regte lewe, die ewige lewe te gee! Voordat ons ons vertroue in Jesus gestel het, was ons dood in ons sonde; ons was die wandelende dooies hier op aarde, die helse dooies vir alle ewigheid.

    Maar dan roep Jesus jou en sy Gees gee jou die vermoë, die hunkering om in Hom te glo. Waarom? Vir lewe! Die oorvloedige lewe wat Hy belowe het om vir jou op hierdie aarde te gee; die ewige lewe wat Hy deur geloof aan jou geskenk het deur op te staan uit die dood.

    Ek is die weg, die waarheid … en die lewe.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV)

    Het jy al ooit dapper en entoesiasties besluit om in die geloof iets vir God te doen en ‘n volslae mislukking gemaak? Ek het ook al. En dan wonder ons hoekom God nie gehelp het nie. Here, wat doen U? Ek het U vertrou, maar U het my in die steek gelaat!

    Baie mense wat al probeer het om iets vir God te doen en misluk het, voel ook so. En tog het Jesus nooit in iets gefaal nie. Selfs toe Hy gelyk het soos die wêreld se grootste verloorder wat daar aan daardie Kruis gehang het - was Hy die grootste oorwinnaar van alle tye.

    Ja, kom ons sê dit maar; soms lyk God se planne vanuit 'n menslike oogpunt na ‘n mislukking - maar vanuit die hemel se balkon, vorm dit alles deel van sy plan. Ander kere is dit omdat ons in geloof opgetree het, ja, miskien selfs met groot geloof, sonder om by Hom te hoor, of ons grootse onderneming deel van sy plan is.

    Dit bring ons by die geheim van Jesus se 100% rekord van sukses:

    Johannes 5:19 Jesus het daarop reageer: “Ek verseker julle, die Seun kan niks uit sy eie doen nie. Hy doen slegs wat Hy die Vader sien doen. Wat die Vader ook al doen, dit doen die Seun net so (NLV).

    Jesus het nooit misluk wanneer Hy iemand wou genees nie. Hy het nie gesink toe hy op water geloop het nie. Op sy bevel het die water in wyn verander. Hoekom?

    Want Hy het net gedoen wat Hy sy Vader sien doen het. Hy het volgens sy Vader se wil opgetree. As jy dus in geloof optree, maak eers seker by God; bid, vra Hom wat sy wil is, sodat jy uiteindelik sal doen wat ons Vader reeds doen!

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Soms kan ‘godsdiens’ ons soos melaatses laat voel. Uitgeworpenes. Onwaardig. Waardeloos. In Jesus se tyd was daar baie melaatses. Hulle was uitgeworpenes. Hoe het Hy hulle behandel?

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Johannes 5 :16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB)

    Dit is regtig merkwaardig, hoe maklik dit is om God se barmhartigheid en genade - alles wat wonderlik is - te neem en dit in 'n klomp reëls en wette te verander. Wat kry jy as jy dit doen? Godsdiens.

    In sekere opsigte is dit verstaanbaar, want die Goeie Nuus van Jesus behels God se barmhartigheid en genade, maar dit vra ook 'n reaksie van ons – aanvaarding deur geloof en bekering. En hoe meer vasbeslote ons is om weg te draai van ons sonde, hoe makliker trap ons in die strik om 'n klomp reëls op te stel om ons op die pad te hou.

    Hoe harder ons probeer, hoe meer misluk ons. Hoe meer ons misluk, hoe meer word ons op die wettiese pad van georganiseerde godsdiens gelei. Die logiese gevolgtrekking daarvan lyk soos volg:

    Johannes 5:16-18 Daarna het die Jode begin kyk of hulle Jesus nie in die moeilikheid kon bring nie, want hulle was baie ontevrede omdat Hy hierdie tipe ding op die sabbat gedoen het. Jesus het Homself verdedig: “My Vader werk reg deur tot nou toe, sabbat of nie. Net so werk Ek ook.” (DB)

    Jesus het 'n verlamde man op die Sabbat genees, maar al wat die godsdiensleiers gedoen het, was om Hom aan te val. Hulle was woedend omdat Hy nie net besig was om die Sabbatswet te oortree nie, maar dat Hy het ook gelyke status met God geëis het.

    Hierdie godsdienstige manne het Hom gehaat en besluit om Hom te vermoor. Is dit regtig logies? Hy het dan sopas iets goeds gedoen, Hy het ‘n man genees!

    Bono, die wêreldbekende popster het op ‘n slag gesê: godsdiens is al wat oorbly, wanneer die Heilige Gees die gebou verlaat het! Moet asseblief nie God se genade in reëls en wette verander nie!

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

    Elkeen van ons het so een swakheid, daardie één ou krakie in ons wapenrusting, daardie één ou sondetjie … wat gereeld terugkom om by ons te spook om ons geloofsreis te ontspoor. Jy weet waarskynlik reeds wat joune is.

    Ek weet beslis wat myne is. Maar weet jy wat die dinamiek is, wat geneig is om homself af te speel wanneer daardie een spesifieke versoeking oor ons pad kom? Ons probeer dit vir 'n rukkie onderdruk en weerstaan, maar daardie versoeking om te skinder; daardie versoeking om so ‘n bietjie oneerlik te wees; daardie versoeking. … wat dit ook al mag wees, word sterker en sterker.

    Ag, en dan onthou jy skielik dat dit nie regtig saak maak nie, God gaan jou tog vergewe omdat jy in Jesus glo en net daar gee jy jouself sommer op die daad –‘n kom-uit-die-tronk-vrykaart! Dan doen jy dit! Jy het dus met voorbedagte rade besluit om toe te gee aan die versoeking. Klink dit bekend?

    Nee wag, kom ons kyk wat sê God se Woord:

    Romeine 6:1,2 Wat moet ons nou hiervan sê? Moet ons aanhou sonde doen sodat die genade kan toeneem? Beslis nie. Hoe kan ons wat dood is vir die sonde, nog daarin voortlewe?

    Dit is 'n retoriese vraag, ingeval jy wonder. Hoe kan jy aanhou met jou sonde? Is dit wat God hier deur die apostel Paulus vir ons vra? Hoe kan jy, ná alles wat Ek vir jou gedoen het, deur Jesus aan die Kruis vir jou te laat sterf? Hoe kan jy dink jou gedrag is aanvaarbaar?

    Die genade van God in Jesus Christus is nie 'n vrypas om aan te hou sondig nie. Dit is nie ons lisensie om weer en weer aan daardie selfde versoeking toe te gee nie. Nee, ek bid dat die volgende keer wanneer jy daarop reken om jouself nog 'n voorbedagte vrypas vir sonde te gee, dat die Heilige Gees jou aan God se vraag sal herinner:

    Hoe kan jy?

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.

    Ek dink dit is deesdae baie maklik om Christenskap so maklik ‘geestelik’ te maak. Mense word so ingetrek deur liedjies te sing en mense op die rug te slaan – loof die Here, broer – dat ons vergeet dat liefde, beide 'n selfstandige naamwoord en 'n werkwoord is.

    In alle groot kulture is die woord vir liefde nie net iets wat ons het of nie het nie (met ander woorde 'n selfstandige naamwoord), dit is ook iets wat ons veronderstel is om te doen ('n werkwoord).

    Ons almal hou daarvan om geliefd te wees. Maar hoeveel liefde betoon ons aan ander mense deur liefde te gee? Is ons liefde prakties? Steek ons maklik 'n helpende hand uit? Is ons eerlik en ordentlik in die werksplek? Ek ken 'n suksesvolle sake-eienaar wat op 'n Sondag soos 'n godvresende, lieflike persoon lyk, maar by die werk is hy 'n tiran en dit lei tot ‘n baie hoë verwisseling van werknemers.

    Psalm 112:5,6 Dit is 'n goeie mens wat hom ontferm en wat uitleen en in al sy sake reg optree. Die regverdige sal nooit wankel nie, hy sal altyd onthou word.

    Ek dink dit is so maklik om vasgevang te word in die hele spiritualiteit van 'n geloof in Jesus, dat ons die eenvoudige, die basiese, die praktiese dinge vergeet. Die dinge wat ander raaksien. Die dinge wat tot hulle spreek van die liefde (of die afwesigheid daarvan) van ons God, van wie ons getuig dat ons in Hom glo.

    Dit voel asof ons hierdie week nogal baie oor liefde gepraat het, maar verstaan asseblief dat dit opsetlik gedoen is. Want vir God is dit 'n baie belangrike saak.

    Dit is goed vir ons, baie goed, om vriendelik, vrygewig en regverdig te wees, ja, om bekend te wees as iemand wat in al sy sake reg optree.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Deuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie.

    In die meeste lande is beroepsgesondheid en -veiligheid ‘n groot saak. En dit is billik, want op plekke waar dit nie ‘n prioriteit is nie, gebeur daar uiteindelik verskriklike dinge met die werkers.

    Die verwoestende Kader-Speelgoedfabriek-brand in 1993, in Bangkok, word steeds as die ergste industriële brand in die geskiedenis beskou. Wat begin het as 'n klein vlammetjie op die eerste verdieping, het vinnig in ‘n tragedie ontaard, as gevolg van ‘n swak ontwerpte gebou met onvoldoende brandtrappe. 188 Mense is dood en meer as 500 is ernstig beseer.

    Dis onvergeeflik. Dis aaklig! Hoe kon daardie fabriekseienaars dit toegelaat het? Ek hoop hulle is tronk toe!

    Die onderliggende beginsel hier is dat ons 'n verantwoordelikheid het om in die versorging van ander mense proaktief te wees; ons is veronderstel om vooruit te dink om sodoende skade te voorkom. Maar weet jy, beplande voorsorg vir ander mense se veiligheid is nie ‘n nuwe konsep nie. Ons lees in:

    Deuteronomium 22:8 “Wanneer jy 'n nuwe huis bou, moet jy 'n reling rondom die dak aanbring sodat jy nie met jou huis iemand se dood veroorsaak as hy van die dak af val nie.

    Dink jy ooit in jou daaglikse wandel, vooruit daaraan hoe jy ander mense kan beskerm? Nouja, miskien sal niemand van jou dak afval nie, maar wat van skade, van mishandeling, van konflik, van enige aantal dinge wat hulle kan benadeel en seermaak?

    Wat kan jy doen om jou kollega by die werk te help, wanneer sy fout op die punt staan om die woede van die bestuur te ontketen? Hoe kan jy intree om 'n vriend te help om 'n groot konflik in sy huwelik te voorkom?

    Watter beginsel leer God ons hier? As ons iets sien wat ander mense kan benadeel, maar niks daaraan doen nie, is ons skuldig; ons is skuldig aan die ramp wat hulle tref.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee.

    Bure het 'n snaakse manier om jou geduld te beproef. Of dit nou 'n blaffende hond, boomwortels onder die heining, sigaretrook of 'n grensgeskil is, om 'n goeie buurman te wees, kan nogal 'n uitdaging wees.

    Ons het ongetwyfeld almal al in daardie moeilike situasies foute gemaak. Maar alhoewel dit baie belangrik is om die vrede te bewaar, het God 'n veel hoër roeping op ons, as bure.

    Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee.

    Nee, wag nou Berni, ek is nie bewus daarvan dat my bure osse of skape aanhou nie! Maar onlangs het 'n koerier 'n rekenaarskerm in 'n kartondoos langsaan afgelewer, en omdat my buurvrou nie tuis was nie, het hy dit net daar buite in die reën gelos. Toe ek dit sien, het ek uitgehardloop, en nogal nat geword, maar ek het daarin geslaag om die afgelewerde item te red, waaroor my bure baie dankbaar was. Dit het my niks gekos nie, maar dit was vir my buurvrou baie werd.

    Die kern van die saak is dat ons geroep word om bedag te wees op ons bure. Nie net om die vrede te bewaar nie, maar om proaktief te wees, om uit ons pad te gaan vir hulle. Want daardie soort praktiese hulp is 'n kragtige getuienis van die liefde van ons God, van wie ons getuig dat ons in Hom glo.

    Dis reg! Moenie die volgende keer anderpad kyk as jy sien dat jou buurman se bees of skaap los is nie. Maak seker dat jy dit na sy eienaar terugneem.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

    Ek moet ‘n bekentenis maak: ek was nie altyd so in my noppies oor God se tydsberekening nie. Daar was te veel kere wat my lyding te lank aangehou het. En eerlikwaar, daar was te veel kere wat Hy sy seëninge ook te lank teruggehou het! Wat van jou?

    Ek het 'n jong vriend wie se vrou, kort nadat hulle getroud is, met langtermyn chroniese-uitputting-sindroom gediagnoseer is. Hoekom laat God so iets toe om net aan te gaan?

    Ek is seker dat ek en jy, tussen ons twee, baie sulke gevalle kan opnoem; en om die saak nog erger te maak, moet ons erken dat ons dikwels God se tydsberekening bevraagteken het. Hoekom het Hy, wat ons betref, sulke slegte tydsberekening?

    Habakuk, die Ou Testamentiese profeet, het ook so gevoel:

    Habakuk 1:2 Hoe lank moet ek om hulp roep voordat U hoor, Here moet ek by U bly kla oor geweld voordat U red?

    Dinge het glad nie goed gegaan met die Israeliete nie. Die Babiloniërs het verwoesting gesaai. Geen wonder dat Habakuk na God roep nie. Maar kyk wat was God se reaksie.

    Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.

    Miskien is jy nie op die oomblik gereed om so ‘n antwoord te hoor of te aanvaar nie. Miskien is dit nie eers iets wat jy wil glo nie. Maar wag 'n oomblik. God weet presies waardeur jy gaan. Ons kan ons troos dat sy tydsberekening altyd perfek is.

    Wees net geduldig en wag daarvoor. Die tyd sal kom; dit sal nooit te laat wees nie.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

    'n Man met die naam van Bernie Madoff, 'n voormalige voorsitter van die Nasdaq-aandelebeurs, kan spog met die bedryf van die grootste Ponzi-skema in die geskiedenis van die mensdom. Hy het, kan jy glo; $64,8 miljard Amerikaanse dollars gesteel.

    'n Ponzi-skema is misleiding en bedrog op 'n massiewe skaal. ’n Beleggingshuis neem mense se geld en beloof hoë opbrengste. Maar in plaas daarvan om daardie geld te belê, steel hulle dit. Hulle is so slim, dat hulle gereelde opbrengste en selfs af en toe kapitaal uitbetalings aan bestaande beleggers gee; maar hulle gebruik slegs die fondse wat deur nuwe beleggers gedeponeer word. Dit is 'n kaartehuis wat uiteindelik moet ineenstort, want die beleggers se oorspronklike kapitaal is weg.

    Maar weet jy dat daar vandag baie groter misleiding is, as wat ons kan besef? Misleiding so groot, dat dit miljarde mense nie net hul beleggings gekos het nie, maar hul lewens, vir alle ewigheid.

    Jesus het met 'n paar slegte mense gepraat en die volgende gesê:

    Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen.

    Die leuen wat die duiwel die hele tyd vertel, is dat die lewe wonderlik is. Dis baie eenvoudig: Eet, drink en wees vrolik. Daar sal geen boek van jou ongeregtigheid gehou word nie. En al is daar so hier en daar so ‘n ietsie oneerlik in jou lewe, is dit tog nie groot sonde nie, want jy is tog nie ‘n slegte mens nie!

    Daardie kaartehuis gaan eendag vir elkeen van ons wanneer ons voor ons Skepper staan in duie stort. Moenie die duiwel glo nie. Hy is die vader van leuens. Glo Jesus.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the show

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Een van die dinge wat ek regtig haat, is wanneer mense vir my preek. Jesus het baie gepreek, maar dit was heeltemal anders. Dit was opreg en diep. Dit het mense geraak. Hoekom?

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Romeine 13:8-10 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet. Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes – en watter ander een daar ook mag wees – word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes. (NLV)

    Is daar ‘n oplossing vir al die nare goed in die wêreld wat om ons aangaan? Wat is die antwoord? Hoe kan ons ‘n einde daaraan maak?

    Nare dinge, soos mans wat hul vrouens verneuk, en vrouens wat ontrou is aan hul mans, geweld, moorde, oneerlikheid, hebsug en afguns, is vandag baie algemeen. Maar kom ons erken dit maar, ek en jy is ook skuldig aan slegte gedrag. Hopelik nie só erg nie, maar ons raak geïrriteerd met mense, ons is soms jaloers, opdringerig, onbeskof, en …. Ja, dis waar! Ons moet ook maar hand in eie boesem steek.

    Nouja, hoe kan ons die slegte goed, laat end kry? Dit blyk dat die antwoord baie eenvoudiger is as wat ons dalk dink.

    Romeine 13: 8-10 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet. Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes – en watter ander een daar ook mag wees – word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes. (NLV)

    Kan dit regtig so eenvoudig wees? Ja, beslis. Wanneer jy kies om die volgende persoon lief te hê – jou “medemens” soos die apostel Paulus dit hier stel – verander jou aandeel in daardie slegte gedrag eenvoudig ….

    En daardie bure gaan dalk anders lyk, anders klink, anders glo, anders teenoor jou optree; jou dalk selfs minder irriteer. Wees lief vir hulle, want ons slegte gesindheid sal verander wanneer ons ons medemens net so liefhet, soos ons onsself het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het. (DB)

    Enigiemand wat al ooit in 'n leiersposisie was, sal weet dat dit nie maklik is nie. Mense voldoen dikwels nie aan jou verwagtinge nie. En jy raak soms geneig om krities te raak.

    Nee, my maat, om 'n leier te wees, is nie maklik nie. Soos Steve Jobs, die stigter van Apple, eenkeer gesê het, moenie 'n leier word as jy almal tevrede wil stel nie. Gaan verkoop dan maar eerder roomys!

    En as gevolg van die druk waaronder leiers hulself dikwels bevind, is hulle geneig om diegene wat hulle lei, sleg te behandel . . . of hulle ten minste af te skeep; nie hulle gevoelens in ag te neem; of genoeg aandag aan hulle te bestee om hul liggaamstaal korrek te lees nie.

    Of jy nou 'n leier is of nie, hierdie Woord van die Here is werklik belangrik:

    Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het. (DB)

    Eerlikheid en regverdigheid. Enigiemand wat onderworpe is aan die leierskap van 'n ander, kan regtig nie vir meer vra nie. Alhoewel ek die bediening van Christianityworks wat FRESH en VARS produseer, lei, is ek onderworpe aan die leierskap van 'n onafhanklike raad.

    Ja, hulle hou my aanspreeklik en hulle vra moeilike vrae soos hulle veronderstel is om te vra. Maar hulle doen dit eerlik en met ‘n gesindheid van goedheid en regverdigheid. Dis hoe dit hoort en ek probeer met ‘n opregte hart diegene wat skouer aan skouer saam met my in die bediening werk, ook so te behandel.

    Of jy nou 'n leier is of nie, Christus roep jou om goed en regverdig op te tree teenoor diegene met wie jy werk - teenoor jou ondergeskiktes, jou eweknieë en ja, teenoor jou leiers. Hoekom dink jy dis wat jy moet doen?

    Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY