Bölümler
-
Send us a text
Episode 1. Ek het op Somersonstilstand dag, 21 Junie 2010, in Sarajewo aangekom met 'n vliegtuig. Ek was alleen op reis in Oos-Europa. Na Serwië en Hongarye, is ek Bosnië toe.Ek stap agter ʼn streep dorpsmense aan wat kortpad vat deur ʼn veldjie om by die trem se opklimplek te kom. Daar is modderpoele en ʼn smal kronkelpad deur dik gras. Ek sleep ʼn tas en dra ʼn swaar rugsak en ons loop een-een agter mekaar aan. Die paadjie eindig teen ʼn wal waar ek hande-viervoet moet opklim. My tas gly. Die man voor my gryp my hand en lig my tot bo. Hy klim af tot onder, tel my tas op en sleep dit van toe af onder sy eie kleiner tassie. Hy is lank, sterk gebou en sy lang swart hare, met baie grys in, is in ʼn lae poniestert vasgebind. Sy naam is Zlatco. Hierdie is sy storie.
Support the show
-
Send us a text
Ek hou skool vir vlugtelinge uit Sirië. Ek was gister weer in Sirië -- ek ry sommer soontoe met my kar. Ek hoef nie soontoe te vlieg nie, want Sirië het Kanada toe gekom, en ek moet die tieners iets leer. Iemand vra die week hoekom ek sulke "weird" Arabiese Facebook vriende het. Hulle is tieners uit vlugtelings-kampe van oor die hele wêreld. Ek is hulle "oog" Weste toe. Om vir kinders, wat 5-7 jaar glad nie skool gegaan het nie, Engels te probeer leer in 'n klas? Haha. Drama in Drievoud. Maar wonderlik vir 'n onderwyser.
Support the show
-
Eksik bölüm mü var?
-
Send us a text
Romatiese Kortverhaal uit Mexico. Ek het die storie geskryf in 'n klein bergdorpie: San Sebastian del Oeste. (Gepubliseer in SARIE in Suid-Afrika) "Die naam van die Mexikaanse dorpie hoog in die berge is vir haar mooi, toe gaan bly Katerina daar. Natuurlik nie so lank soos sy beplan het nie – baie, baie langer. In San Sebastian del Oeste, in die Jalisco-provinsie, moet Katerina eers bly sodat die reënmaande van Augustus en September kan verbygaan, want die pad terug stad toe verspoel en niemand maak dit reg nie. Perde of donkiekarre bring voorrade in vir die driehonderd mense in die dorp, soos in die outyd, en nou nog in die reëntyd....
Support the show
-
Send us a text
Ek leer gou groet in Burma. Dis 'n komplekse proses. Ek sê "Ming Ga La Bah" - blitsvinnig. Dan sit ek my hande op my maag en buig, terwyl ek glimlag EN, gelukkig en tevrede met my omstandighede lyk. Als werk redelik, tot ek 'n Longyi rompie koop en in hom probeer loop. Ek val die hele tyd oor my voete. Almal in Burma dra hierdie rompies, mans en vrouens en kinders. Net ekke sukkel want ek moet mooi klein treetjies gee -- met grasie, en ek wil net rondhol omdat ek ALLES gou-gou wil sien. So val ek die hele tyd oor my voete en ook oor my woorde "Ming Ga La Bah". Toe ek in 'n tempel instap, kyk die vrou by die deur na my aaklige vuil Reebok plakkies. Ek trek hulle uit. My voete is vol modder. Ek stotter toe maar ..."Ming Ga La Bah" ... en smile.
Support the show
-
Send us a text
Ek sit en staar na die troeteldier op my bord. In Peru eet mense al vir altyd "guinea-pigs". Marmotte. Toe kom die Spanjaarde, vat van die oulike diertjies terug Spanje toe, en toe eers word hulle troeteldiere. Ek was hoog in die Andes gebergtes by 'n Inca dorpie, en die mense het vir ons kos gemaak. Marmotte is 'n lekkerny. Ek wou dit nie eet nie -- soos ek destyds nie dood-gekookte-bone wou eet nie. Nee, minders as dit. Ek het hamsters en marmotte gehad as kind. Ek eet dit nie... Maar ek het. En ek het 'n baie baie goeie verskoning.
Support the show
-
Send us a text
Ek het nie geweet iemand kan my sien nie. Vir 2 weke lank! O wee. Ek giggel nou oor hierdie verskriklike storie, maar ek kry soooo skaam. Daar was by die skool so dun riviertjie in die toilet en ai? Woordloos. Hierdie was beslis een van my AAKLIGSTE oomblikke van rondreis in vreemde lande.
Support the show
-
Send us a text
Daar is amper 4000 tempels op die vlaktes van Bagan, in Burma. Ek staan hoog op een van hulle en kyk na hierdie stukture. Dit voel vir my asof iemand hierdie wonderlike plek wegsteek. Almal op aarde behoort dit te kan sien. Dis manjifiek! Wie het hierdie temples gebou? Hoekom? Hulle is meer as 'n 1000 jaar oud. Daar was op 'n stadium 10 000 tempels, 3000 kloosters en duisende ander geboue. Wie het hulle afgebreek? Was daar 'n oorlog? Hoekom? Kuier saam met my in Burma, in die area Bagan.
Support the show
-
Send us a text
Op 13e Augustus 2016, vier ek Fidel Castro se 90e verjaardag op die platteland in Kuba. Daar's 'n groot tent, braaivleis en 'n skare mense. Die dorpie: Manaca Iznaga. Dis 'n suikerriet gebied met 1 pad in, 1 uit. Die meeste mense ry met donkiekarre. In Kuba stap mens 50 jaar terug in tyd. Alles lyk en is outyds. Elke huisie is 'n ander kleur -- die plek is 'n fotograaf se droom. Maar -- Kuba laat mens dink. Dis die perfekte voorbeeld van sosialisme/kommunisme en die effek van 'n diktator/leier soos Castro. Wie was hy? Hoekom was hy suksesvol -- en wie is die spioene ("Cederistas") in elke dorp wat vir hom gewerk het...
Support the show
-
Send us a text
Ek was in Burma. Dis die wonderlikste plek - 'n toeris se droom. Maar, dis 'n komplekse land. Hier in Kanada, gee ek Engels vir vlugtelinge uit Burma. O, wee. Wat 'n onmoontlike taak. Ek staan naderhand op 'n tafel en skoolhou. As iemand iets reg kan uitspreek, dan doen ek wat wat hulle vra. Dadelik. Dit word 'n wonderlike les. Iemand sê dans ... toe tiekiedraai ek van dankbaarheid.
Support the show
-
Send us a text
Ek het my heel misgis met China. Ek verbeel my dat ek "spesiaal" is omdat ek daar werk. O, wee, O, nee. Ek gaan kuier op my heel 1e Vrydagaand op Tiananmen Plein. Te lekker. Ek maak my reg vir 'n laaaaang aand se speel. O, nee. Iemand sê "gee pad" ... Nou!
Support the show
-
Send us a text
Ek werk in China. Nie een taxi wil my oplaai nie. Ek LOOP van plek na plek in bloedige hitte en kom nie veel verder as 3 blokke van die skool af nie. Toe maak ek 'n plan. Ek vra al die Gr 12 studente in my klas om vir my padkaarte te teken na plekke toe. Soos met alle goeie planne, werk dit so-so. En toe goed. Maar agter op elke kaartjie het die kinders 'n BOODSKAP aan die taxi drywers geskryf -- in Chinees. Ek vra eers die laaste dag wat daar staan...
Support the show
-
Send us a text
Ek het gaan werk as onderwyser in China sonder 'n werkspermit. Skuldig. Dit was vir 'n somer-kamp en die organiseerders het ons verseker ons "toeriste" visa sou goed genoeg wees. O, wee. Nee! Die Chinese Polisie vind uit en sluit ons sowaar toe.
Support the show
-
Send us a text
Afrikaanse storie oor my eerste nag in Beijing, China. Ek het daar gaan werk as 'n onderwyser en was so opgewonde om te kon gaan. Maar, toe ek 12 uur die nag ALLEEN op die lughawe aankom en daar is niemand om my te kom haal nie? Toe panic ek. Ek beland in 'n vreemde man se slaapkamer. Hy kyk vir sy bed, ek kyk vir die bed...
Support the show
-
Send us a text
"Katerina se Simfonie". Ek was op my eie in Mexico en wou gaan kyk hoe 'n baie klein dorpie hoog hoog in die berge lyk -- een van daai plekke waar toeriste nie kom nie. Dis 'n silwermyn dorpie en die hotel se skoonmaker het my soontoe geneem en daar gelos. Ek het dadelik 'n brakkie gekry wat my die dorp gewys het, en ek het hom Hond genoem. Ek en Hond is heel eerste rivier toe, waar vrouens oranje tafeldoeke gewas het. Hond het geswen. Daarna is ons na die blou Katolieke kerk toe, waar iemand orrel geoefen het. Ons het brood gekoop en dit op die kerkplein geëet. Ek het die geur van die dorpie se kaneel koffie gemeng met koejawels in my rugsak gepak. "Katerina se Simfonie" se storie kom van daar af. Rede? Ek wou daar bly, vir baie baie langer as wat ek kon ...
Support the show
-
Send us a text
Mary Poppins bly in Guatemala en sy dra baldadige oranje kouse. Soggens sit sy op die geel kerk se trappe en voer die duiwe. Saans, sing sy by die fontein. Voor die kerk, maak sy die mooiste foto, want sy dra 'n indigo kleur hemp en die duiwe raam haar. In die nag, sing sy liefdesliedjies. Guatemala is 'n komplekse land met vulkane, aardbewings, onbegaanbare paaie, dwelm handel en erge geweld teen vroue. Dis hoekom Mary Poppins daar bly. Ek het haar gesien, regtig-egtig, en sy doen allerhande "Mary Poppins" tipe goeters. Sy steek net haar opstyg-sambreel weg...
Support the show
-
Send us a text
Kortverhaal. Vrolike storie oor 'n oranje emmer en 'n besonderse vrou. Daar is die mooiste geel kerk in 'n klein dorpie in Guatemala. Op die trappe sit 'n bedelaar. Ek was een van die fotograwe wat vir Teresa afgeneem het. (Of het ek?) Goeie stories is "effens waar" en "effens verbeelding" van skrywers.........Teresa het 'n oranje emmerjie gehad (of het sy nie?).
Support the show
-
Send us a text
Bedtime Stories for Adults: set in Italy. Carmen was born invisible. She was child number 5 of 9 children of the famous Lombardi family in Italy. The Lombardi family was genetically superior. Lucky children born into this bloodline, soon showed traits and talents of Michelangelo, Leonardo da Vinci, Galileo, Marco Polo, or Dante. Since the 1500's, every generation brought at least one genius.
Support the show
-
Send us a text
11. ENGLISH. BEDTIME STORIES FOR ADULTS. 11. "X marks the Spot." Rio de Janeiro. Brazil. Perdo Maria Boss had a secret. A dream. Much too big, and overly ambitious. He wanted to impress Princess Isabela of Portugal and asked her for money for his project. She said, "No." This priest died with a no, no, no and a no. Yet, "X marked the Spot" for where he wanted his dream to stand. Nobody knows his name in the big story about something rather magnificent. Let me tell you about the dream of Father Pedro Maria Boss.
Support the show
-
Send us a text
“The Listener." Ecuador. Our story waits in Ecuador, in a tiny town against the western slope of a majestic mountain. Six extraordinary girls live here. There was a terrible cyclone the year of their birth and everybody believed that this storm blew in six special talents.
Support the show
-
Send us a text
10. ENGLISH. BEDTIME STORIES FOR ADULTS. 10. "The Brave Bridge." Mostar. Bosnia. Once upon a time, in 1555 to be exact, there was an architect named Mimar. He was very talented, and a little arrogant. He told his friends that he would build something spectacular one day. His dream came true when Suleiman the Magnificent commissioned him to rebuild the wooden bridge over the Neretva river.
Mimar was delighted. He hurried to the river and then … burst out in tears. “It’s 1555, for goodness sake! Impossible. The span is 30 meters. It cannot be done. No …!”
Suleiman the Magnificent said: “I say yes! If you do not build a bridge with the limestone from the hills, I will kill you in a very cruel way.” Suleiman was the Sultan of the Ottoman Empire with a very bad reputation for gruesome executions,Support the show
- Daha fazla göster