Episodes

  • Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

    Gehoorsaam jy die reëls? As jy 'n rybewys het, sê my, wanneer laas het jy gery sonder om die spoedgrens met 'n enkele kilometer per uur te oorskry?

    My eie onvermoë om die padreëls na te kom, het my nog altyd verstom. Ek is in 'n gedissiplineerde, Duitse gesin grootgemaak. Ek is vir vier jaar in die leër met streng dissipline opgelei om ‘n weermagoffisier te word. As iemand veronderstel was om te weet hoe om die reëls te gehoorsaam, sou jy tog gedink het dat dit 'n ou soos ek was, nè?

    Maar o nee, net soos jy, het ek al baie kere die padreëls oortree. Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. (Romeine 3:23) Hoekom kan ons nie die reëls volg nie? Ons wil dalk, maar dit lyk asof ons net nie in staat is om dit te volg nie. Hier is die rede waarom:

    Romeine 8:3,4 Wat die wet nie by magte was om te doen nie, omdat dit weens ons sondige natuur te swak was, dit het God gedoen. Hy het met die sonde afgereken deur sy eie Seun in dieselfde gestalte as die sondige mens te stuur; so het Hy die sonde in die sondige bestaan van die mens veroordeel. Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.

    Ek het dit altyd 'n bietjie verwarrend gevind, totdat ek hierdie eenvoudige verduideliking van Martin Luther, die 16de eeuse Hervormer, gelees het: “Die wet ontdek die siekte. Die Evangelie gee die geneesmiddel.”

    God het gedoen wat die reëls nie kon doen nie. Hy het die lewe van Jesus aangebied om ons sonde te vernietig. Dis goeie nuus; ongelooflike goeie nuus.

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. 28Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

    Het jy al ooit 'n goeie daad vir iemand gedoen en dan verontwaardig gevoel omdat hulle dit nie eers erken het nie, wat nog te sê jou bedank het daarvoor? Dit laat jou nogal wonder, hoekom het ek die moeite gedoen?

    Is dit nie snaaks hoe ons reageer op hierdie oënskynlike afwesigheid van dankbaarheid nie? Wat sê dit van ons eie gevoel van ons reg op dank en erkenning? Ja, ons verbeel onsself mos al te maklik dat ons goeie daad op een of ander manier afneem in waarde, of selfs ongeldig gemaak word, deur 'n gebrek aan erkenning.

    Wat het geword van die idee dat 'n goeie daad op sigself intrinsieke waarde het? Dat liefde die waardevolste kommoditeit van almal is, selfs al aanvaar, verstaan of erken die voorwerp van ons liefde dit nie?

    Het jy dalk op die oomblik so iemand in jou lewe; iemand met wie jy in die versoeking kom om moed op te gee? Kom ons kyk hoe Jesus stilgebly het toe sondaars soos ek en jy, Hom uit onkunde beledig het.

    Matteus 27:27-31 Daarna vat die soldate van die goewerneur vir Jesus in die ampswoning in en bring die hele leërafdeling rondom Hom bymekaar. Hulle trek toe sy klere uit en gooi Hom 'n pers mantel om. Hulle vleg 'n doringkroon en sit dit op sy kop en gee Hom 'n stok in sy regterhand. Toe bespot hulle Hom deur voor Hom te buig en te sê: “Ons groet u, Koning van die Jode!” Hulle het op Hom gespoeg en die stok gevat en Hom oor die kop geslaan. Nadat hulle Hom klaar bespot het, het hulle die mantel uitgetrek en weer sy eie klere vir Hom aangetrek. Toe lei hulle Hom weg om Hom te kruisig.

    C.S. Lewis het dit so gestel: Liefde word nooit vermors nie, want die waarde daarvan berus nie op jou reg om op gelyke wyse behandel te word nie. Ons het lief, want God het ons eerste liefgehad.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Episodes manquant?

    Cliquez ici pour raffraichir la page manuellement.

  • 1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons” (NLV)

    Die meeste van ons vermy gevaar. Ek praat nou nie van valskermspringers, bergklimmers en allerhande ander adrenalien-verslaafdes nie! Maar hier in die 21ste eeu smag die meeste van ons na veiligheid en gemak.

    Vandat ek onlangs 65 geword het, is dit ongelooflik hoe die sosiale media my peper met artikels oor wat dit verg om 'n gemaklike aftrede te hê, hoeveel geld ek sal nodig hê, watter sosiale kontakte ek moet maak, alles en nog wat oor hoe ek moet aftree.

    Afgesien van hoe ontstellend dit is om so deur hulle algoritmes geteiken te word, kan ek jou sê, dit is 'n ware lokval. Maar hierdie hoogs aantreklike wêreldse toevlug na veiligheid en gerief, is nie noodwendig wat God vir die res van ons tyd hier op aarde in gedagte het nie. Die apostel Paulus skryf in:

    1 Korintiërs 15:30-32 En waarom sal ons ons lewens uur na uur in gevaar stel? Dag na dag verkeer ons op die randjie van die dood. Dit is die absolute waarheid, broers en susters, net so seker as dat julle ons trots is oor wat Christus Jesus ons Here vir julle gedoen het. Verder, waarom sou ek as’t ware met wilde diere in Efese geveg het as dit alles verniet was? As daar geen opwekking van die dooies is nie, “laat ons feesvier en dronk word, want môre sterf ons” (NLV)

    Jawel, miskien is ek en jy nie tot dieselfde uiterstes as die apostel Paulus geroep nie, maar terselfdertyd, soos John A Shedd, ‘n19de eeuse skrywer dit gestel het, is 'n Skip in die hawe veilig, maar dit is nie die rede waarom skepe gebou word nie.

    Moenie te gemaklik raak nie. God het dalk 'n ander plan.

    Dis sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)

    Wanneer iemand verkeerd teenoor jou optree, is dit so maklik om aanstoot te neem. Trouens, in 'n wêreld wat al hoe meer oorheers word deur 'n gevoel van selfgeregtigheid, word die neiging om aanstoot te neem, ‘n outomatiese reaksie.

    Maar laat ons net ‘n bietjie stilstaan en aan die kere wat ons ons sleg gedra het, dink. Wat het veroorsaak dat ons so opgetree het? Wel, dit kan een van talle dinge wees. Miskien het ‘n situasie 'n ou wond uit die verlede oopgekrap, 'n sensitiewe plek in ons harte aangeraak of miskien selfs 'n litteken?

    Of dalk het ons onder die druk, waaronder ons so dikwels verkeer, geknak. Of dalk is dit die feit dat ons onvolmaakte mense is wat foute maak.

    En daardie redes geld nie net vir jou en my nie, maar ook vir diegene rondom ons, wat van tyd tot tyd verkeerd optree. Daardie outomatiese reaksie om aanstoot te neem lyk al hoe minder geregverdig, of hoe? Miskien is daar 'n ander manier.

    Galasiërs 6:2,3 Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet. Julle weet dat mense wat baie van hulleself dink, terwyl hulle niks is nie, hulleself bedrieg. (NLV)

    Ons kan dus aanstoot neem, of ons kan die mense wat ons te nakom met hul probleme help. Ons kan hulle help om hulle snellers, hulle gevoel van minderwaardigheid en hulle mislukkings te hanteer, deur nie te oordeel nie, maar om empatie te hê.

    Die meeste mense is nie slegte mense nie. Hulle slegte gedrag word altyd deur iets anders veroorsaak. Hoe hanteer ons so ‘n situasie? Word ons hooghartig en veroordeel hulle of neem ons aanstoot? Dis tog onaanvaarbaar. . .

    Soos iemand eenkeer gesê het: jy hoef nie met kwaadwilligheid en met voorbedagte rade te beplan om mense seer te maak nie. Die afwesigheid van empatie en begrip is meer as voldoende om dit reg te kry!

    Help hulle met hul probleme. As jy dink jy is te belangrik om dit te doen, flous jy net jouself.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • 1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

    Kom ons erken dit, om ander mense lief te hê, kan moeilik wees. Hulle behandel ons nie altyd soos ons behandel wil word nie. Hulle tree nie altyd op soos ons wil hê hulle moet optree nie. En bietjie vir bietjie … vreet dit aan ons.

    Daar is waarskynlik mense in jou lewe wat vir jou groot vreugde bring. En dan is daar die ander wat, wanneer jy aan hulle dink, 'n verskeidenheid van onaangename emosies soos seerkry, woede en pyn by jou wakkermaak.

    Miskien het hulle iets verkeerd gedoen. Miskien het hulle jou op een of ander manier beledig. Miskien het hulle 'n paar mal idees waarmee jy glad nie saamstem nie. En die natuurlike menslike reaksie op daardie mense, is om jou hart geleidelik, as 'n beskermingsmeganisme, teen hulle te verhard.

    Die probleem is, wanneer jy jou hart verhard, begin haat aan jou vreet totdat dit jou van binne verteer en jy word skynheilig teenoor hulle. Dit is waar God se Woord hieroor so 'n kragtige geneser is:

    1 Johannes 4:19-21 Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het. As iemand sê: “Ek het God lief,” en hy haat sy broer, is hy 'n leuenaar; want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan onmoontlik vir God liefhê, wat hy nie kan sien nie. En hierdie gebod het ons van Hom gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê.

    Dink daaroor. Die definisie van skynheiligheid is 'n Christen wat oral rondloop en Bybelversies met ander deel, terwyl sy hart vol haat is.

    Laat God se Woord toe om jou vandag vry te maak. Nooi die Heilige Gees in jou hart in om dit sag te maak, om te genees, om jou vry te maak van haat en om jou te leer om te vergewe.

    Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het.

    Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

    Ons het net een lewe om op hierdie aarde te leef en die dae flits so vinnig verby... So wat gaan jy met jou ‘vandag’ doen? Wat gaan jy, met jou ‘môre’ doen?

    Ons moet onsself gereeld afvra wat ons met ons kosbare tyd doen. Staan doelbewus terug van die geroesemoes van die lewe wat ons tyd opeis, asof dit geregtig is om ons tyd op te slurp. Nee, my vriend, wees proaktief oor jou prioriteite in die tyd wat jy oor het; dink mooi na oor: die soort lewe wat jy uiteindelik wil lei; die impak wat jy begeer om te maak ... die nalatenskap wat jy uiteindelik in die lewens van ander gaan agterlaat.

    Nouja, dit laat ‘n mens dink, nè? Wat gaan jy met jou ‘vandag’ doen? Wat gaan jy met jou ‘môre’ doen? Konsentreer hierop, terwyl ons na hierdie raad van God luister:

    Efesiërs 5:15-17 Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

    En... wat sê God hier? Wees baie versigtig om verstandig te lewe. Met ander woorde, moenie jou lewe met waardelose dinge verkwis nie. Dit sal dwaas wees. Dis 'n vermorsing van jou kosbare tyd. Soek eerder in hierdie moeilike tye na elke geleentheid om goed te doen.

    Watter geleenthede het jy vandag en môre om goed te doen; om God se liefde aan ander te bewys; om ander aan te moedig; om hulle moed in te praat; om hulle te help … om hulle van Jesus te vertel?

    Wees baie versigtig hoe jy lewe

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

    Kritiek en konflik is deesdae hoogmode in die normale domein. Dit kom oral voor: in die politiek, in die ideologie, die sosiale sfeer en ook in die geloofslewe. Dit voel asof mense daarop uit is om alles en almal te kritiseer.

    En dit is nie net in die publieke domein wat dit aangaan nie - alhoewel ons moet erken dat die sosiale media dit deesdae baie makliker gemaak het - dit is ook op die interpersoonlike vlak. Ons het almal op die een of ander manier ook ons eie ou eiertjie om te lê. En my aarde, daar is werklik ‘n horde kritici daar buite!

    Voordat jy die vinger na ander wys, vra jouself nou af, hoeveel negatiewe kritiek het jy die afgelope 24 uur uitgespreek? Dit was dalk nie voor die persoon self nie; maar het jy in privaatheid sommige van die mense by die werk gekritiseer? Wat van 'n familielid, of die politici wat jou land bestuur? Dit kan 'n bietjie skrikwekkend wees as jy so 'n selfondersoek doen.

    Nouja, terwyl jy daardie vrae in jou gedagtes evalueer, kom ons kyk wat God, in hierdie kritiese wêreld, te sê het:

    Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV)

    Stel jou voor as ek en jy, te midde van al die kritiek wat na mense geslinger word, verkies om anders te wees; verkies om vriendelik te wees; verkies om eerder aan te moedig as om te kritiseer; kies om ander op te bou en om hulle met ons woorde te seën. Hoe anders sal die wêreld nie wees nie?

    Jy kan, in 'n wêreld wat reeds meer as genoeg kritici het, eerder kies om ander mense aan te moedig.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie.

    Soos enigiets in die lewe, kan Christenskap omskep word in 'n winsgewende besigheid. Die rykdom van sommige kerke is verstommend. En dit is maklik vir eenvoudige godvresende mense soos ek en jy om daarby ingesuig te word.

    Ek klink nou ‘n bietjie onsensitief, nie waar nie? Maar ons weet dat die Christelike kerk regoor die wêreld triljoene rande se vaste eiendom en bates besit, en dat dit nie altyd met wysheid gebruik word nie. Ek is seker jy sien volop advertensies op sosiale media vir hierdie konferensie, daardie optrede, hierdie beweging van God en daardie profetiese … wel, daar is soveel dat jy nie kan voorbly met al die inligting nie!

    Natuurlik het die kerk bates nodig om God se werk te doen. Nouja, daar behoort seker vergaderings regoor die wêreld te wees om God se Woord te bestudeer en Hom te aanbid. Maar jy kan so maklik vasgevang word in die truuks; die selfverheerlikende besigheid van die hedendaagse Christendom, dat jy uit die oog verloor wat God regtig wil hê. Wat wil hy hê?

    Amos 5:21-24 Ek hou glad nie van hierdie feeste wat julle vir My hou nie. Ek het hoegenaamd geen plesier daarin wanneer julle bymekaarkom om tot My te bid nie. “Ek het niks daaraan wanneer julle vir My offers op die altaar brand of graan vir My kom aanbied nie. Ek sien dit nie eens raak wanneer julle offers bring wat julle saam met My wil eet nie. Dit roer My nie eens as julle diere kom offer wat julle vir My vetgemaak het nie. Spaar My die lawaai wat julle maak as julle vir My sing. Ek wil nie luister na die harpmusiek wat julle vir My maak nie. “Wees eerder regverdig. Laat dit aangerol kom soos branders by die see. Laat eerder alles wat regverdig is deur julle lewe vloei soos ’n rivier wat nooit gaan staan nie. (DB)

    Dit is nie alles so ingewikkeld nie. Aanbid God met jou hele hart, met alles wat jy is. Leef jou geloof in liefde uit deur billik en regverdig te wees. En moenie vasgevang word in al die bohaai nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Psalm 92:13-16 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)

    Een van die groot tragedies wat deesdae soos 'n wêreldwye pandemie afspeel, is dat ouer mans en vroue – diegene met die ervaring en wysheid van jare – handdoek ingooi.

    Wat bedoel ek met handdoek ingooi? Ek bedoel dat hulle ophou om ander mense te dien. Hulle hou op om hul gawes, vermoëns en tyd - waarvan hulle nou in oorvloed het - te gee om ander te seën. Ja, ons weet almal dat ‘n mens die een of ander tyd jou betaalde diens sal staak. Goed.

    Maar te dikwels besluit mense dat dit nou die tyd is om aan hulle aftree-drome en begeertes te dink … ja-nee dit gaan alles oor my. Ék sal om die wêreld vaar. Ék sal lekker dinge vind om myself mee besig te hou. So bietjie vir bietjie fokus hulle uiteindelik meer en meer op hulself, en verkwis hulle vermoëns, ervaring en wysheid.

    Maar dit is nie hoe dit veronderstel is om te wees nie, want hoe meer jy op jouself gefokus is, hoe minder bevredigend word die lewe. Nouja, hier is God se plan - ingeval jy wonder:

    Psalm 92:12-15 Maar regverdiges sal blom soos ’n palmboom, en welig groei soos ’n seder van die Libanon. Geplant in die Here se huis, groei hulle weelderig in die voorhowe van ons God. Al is hulle oud, sal hulle steeds vrugte dra hulle is vars en lewenskragtig. Hulle sal sê: Die Here is regverdig. Hy is my rots. By Hom is daar geen onreg nie.” (NLV)

    Ons verstaan dat ons, soos ons ouer word, liggaamskrag verloor, totdat ons eendag doodgaan. Maar diegene wat aan die Here behoort, is veronderstel om aan te hou om vrugte te dra … net soos die jong, gesonde bome. Hulle werk is om deur die lewe wat hulle lei, vir almal ‘n voorbeeld te wees van hoe goed die Here is.

    Moenie handdoek ingooi nie. Hou aan om vrugte te dra.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

    Ons voel dikwels heeltemal alleen wanneer ons teëspoed in die gesig staar; die een of ander stryd voer; of in een of ander gemors vasgevang is. Ons ís dalk nie alleen nie, maar dit is hoe dit voel!

    Trouens, hoe intenser die stryd is, hoe meer pyn ons beleef … hoe verder lyk God van ons af. Die probleem wat ons in die gesig staar, is so groot dat God daar in die verte tog so klein lyk … indien ons Hom enigsins kan sien! Klink dit bekend?

    Daardie gevoel van alleenwees; om totaal van God geskei te wees: Dis nie die waarheid nie. Want die waarheid is:

    Psalm 16:7,8 Ek sal die Here loof wat my tot die regte insig gebring het; selfs in die nag bly ek bewus van wat Hy my leer. Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie.

    Ons het almal die Heilige Gees nodig om ons daardie waarheid te leer, om daar in die middel van die nag, terwyl ons in die donkerte rondval, met ons te wees. Daarom is dit so belangrik dat ons gereeld God se Woord sal lees en ons eie sal maak, sodat ons voorbereid kan wees wanneer teëspoed toeslaan. Die waarheid wat ek deur God geleer word, wat Hy op my hart skryf; die waarheid wat ek moet onthou, is dat die Here altyd by my is. Hy is hier, ín my, niks kan my platslaan nie.

    Koning Dawid het hierdie Psalm te midde van groot teëspoed geskryf. Op daardie oomblik het God glad nie ver gelyk nie, want hy het reeds die waarheid geken. My vriend, die Here woon in jou hart!

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Titus 1:8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.

    Hoe meer ek sien hoe mense lewe, hoé meer word ek geraak deur die realiteit dat elkeen van ons in een of ander stryd gewikkel is. Wat van jou?

    Gelukkig is daar kort tye wanneer alles klopdisselboom gaan. Maar dit neem nie te lank voor die een of ander teëspoed, die een of ander probleem, die een of ander konflik, ja, die een of ander ding sy lelike kop uitsteek nie, of hoe?

    En in daardie af-tye het ons elkeen 'n helpende hand nodig. Ons het almal iemand nodig om mee te praat. En as ons vir 'n oomblik aan ander mense dink, besef ons dat ons almal vir iemand anders daardie helpende hand, daardie vriend in nood kan wees.

    Regtig? Praat jy met my? Wel, dit kan baie makliker wees as wat jy dalk dink.

    Die apostel Paulus het aan sy vriend, Titus, verduidelik wat dit van jou verg om 'n kerkleier te wees. In daardie lys van wonderlike kwalifikasies verwys hy na iets eenvoudigs wat so maklik misgekyk word:

    Titus 1:8 Hy moet gasvry wees en alles wat goed is, liefhê. Hy moet met wysheid lewe en regverdig wees. Hy moet ’n toegewyde en gedissiplineerde lewe lei.

    Nouja, dit klink alles goed en mooi, 'n ouderling moet gedissiplineerd, wys, toegewyd, welgevallig vir God en selfbeheersd wees. Dit maak sin. Maar kyk ‘n bietjie na dít wat so maklik is om te mis!

    ’n Ouderling moet gereed wees om mense te help deur hulle in sy huis te verwelkom.

    Die eenvoudige daad van gasvryheid. 'n Koppie tee of koffie, 'n ete saam, 'n geleentheid tot eenvoudige samesyn. Dikwels is dit al wat nodig is. Wees gereed om mense in jou huis te verwelkom.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.

    Weet jy dat navorsing vir ons sê dat die meeste mense wel bid. Maar het jy al ooit gedink aan wat met jou gebede gebeur wanneer jy bid? Verdwyn hulle net in die niet? Hoe sien God hulle? Watter impak het hulle?

    Ek vermoed dat baie mense nie eers daaraan dink nie. Hulle gooi hulle gebede op boontoe, met die hoop dat dit iewers land. Het jy al daaroor gewonder? Het jy al ooit gewonder hoe jou gebede in die hemelse ryk lyk?

    In die wonderlike boek Openbaring, skets God 'n verrassende prentjie van ons gebede:

    Openbaring 5:8 Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het 'n siter gehad en 'n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges.

    Ons gebede is soos bakke vol wierook voor Jesus. Wat 'n heerlike prentjie; dink net - ons gebede styg op na Hom! Maar wat van hulle impak hier op aarde? Ek is so besiel deur iets wat Lowell Wertz, my goeie vriend en lewenslange sendeling in Afrika, onlangs geskryf het:

    “Gebedskommunikasie met die Vader word deur Hom verwelkom en dit is 'n vertroosting vir ons. Ons bid omdat ons God nodig het en Hom liefhet. En Hy wil van ons hoor. Ons gebede word in die hemel verhoor. Ek wil julle vertel van 'n intense gebed wat ek as 'n onervare vlieënier te midde van 'n groot storm gebid het, toe ek op 'n smal grond aanloopbaan in Afrika, moes land. Die sig was zero en ek het kliphard gebid en later geskree om bo die geluide van die enjin en die reën gehoor te word. Maar die Heilige Gees het die kajuit gevul en die landing was perfek.”

    Jou gebed word in die hemel verwelkom en het 'n kragtige impak hier op aarde.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • 2 Korintiërs 7:4-6 Ek is baie openhartig met julle; ek is ook baie trots op julle. En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry. Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus. (NLV)

    Die woord "swaarkry" teken nie ‘n mooi prentjie nie, nè? Dit is beslis nie een waarvan ons ooit eienaarskap van sal wil neem nie. En tog is daar tye wanneer daardie woord die regte woord is om die situasie waardeur ons gaan, te beskryf.

    Dit is 'n woord wat die apostel Paulus by meer as een geleentheid in sy briewe gebruik het. Soos die keer toe hy aan sy vriende in Korinte geskryf het in:

    2 Korintiërs 7:4b En ek is regtig vol moed en oorstelp van blydskap ten spyte van ons swaarkry.

    Nouja, dit is ietwat vreemd vir iemand om sy vriende te bemoedig deur te sê dat hy, ten spyte van sy omstandighede, oorloop van vreugde. Maar daardie sin vertel ons baie van die God op wie Paulus vertrou het. Trouens, hy gaan voort om te sê ...

    2 Korintiërs 7:5,6 Want toe ons in Masedonië aangekom het, kon ons geen rus vind nie. Op elke moontlike manier is daar druk op ons uitgeoefen: van buite – aanvalle; van binne – vrese. Maar God, wat die vernederdes bystaan, het ons ondersteun deur die teenwoordigheid van Titus.

    Ek is so opgewonde om hierdie gedeelte vandag met jou te kan deel. Jy kan hieruit leer, dat te midde van die probleme wat jy ook al in die gesig staar, God vir jou vertroosting bring. Hy praat deur sy Woord met ons van die vertroosting, die vreugde en die bemoediging wat sy Gees bring, wanneer ons van buite aanvalle beleef; en van binne vrese ervaar.

    My vriend, hierdie boodskap is vir jou. Hy wil te midde van jou beproewings, vir jou sy troos, sy vreugde, sy bemoediging laat ervaar. Jy kan Hom vertrou om presies te doen wat Hy sê. Vertrou op Hom! Gaan na Hom en vra Hom om hierdie belofte in jou lewe waar te maak.

    God bemoedig diegene wat swaarkry.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • 2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV)

    God maak kosbare beloftes aan diegene wat hul vertroue in Jesus stel. Hy belowe dat Hy ons God sal wees en dat ons sy volk sal wees; dat Hy by ons sal woon. Dit spruit voort uit sy diepe begeerte om by ons te wees.

    Dit is wonderlik om te weet dat wanneer jy jou allerlaagste laagtepunt bereik, wanneer jy alleen voel, wanneer jy voel dat niemand jou verstaan nie... dat God daarna verlang om by jou te wees. Dit is eenvoudig verstommend. Wat 'n troos!

    Maar hoe reageer jy op sy belofte? Hoe leef jy op 'n manier wat wys dat jy daardie belofte glo, dit respekteer en daarop staatmaak? Die apostel Paulus het hierdie vraag beantwoord in sy brief aan die Korintiese kerk:

    2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, ons hét hierdie beloftes; laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. (NLV)

    Reinheid is iets wat ons almal begeer. Gelouterde goud. Suiwer liefde. Volkome opoffering. Die egtheid, die realiteit wat reinheid behels, is ongelooflik aantreklik vir jou, vir my... en, inderdaad, vir God. Hoe moet ons leef? Hoe moet ons op God se liefde reageer? Deur enigiets wat ons liggaam of siel besoedel, te vermy.

    Kan ek jou vandag ernstig vra, wat besoedel jou gedagtes, jou begeertes, jou optrede? Waaraan dink jy, of wat doen jy, waar jy weet dat die reinheid, waarna God in jou smag, sal vernietig? Ek wil jou in opregte liefde, baie ernstig vermaan: raak ontslae daarvan! Laat ons onsself dan suiwer van elke verontreiniging van die liggaam en die gees om ons toewyding, uit eerbied vir God, volkome te maak. Reinheid.

    Dit is Sy Woord. Vars... vir jou... vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV)

    Daar is niks wat ons meer van stryk af bring, niks wat meer ontstellend is, niks wat meer teleurstellend en … sommer net pynlik is, as wanneer iemand wat jou vriend is wanneer dit voorspoedig gaan, jou verlaat wanneer dit sleg gaan. Het jy al ooit daardie ervaring gehad?

    Dis alles behalwe lekker. Wanneer jy hoog vlieg, wil almal jou vriend wees. Wanneer jy val en brand; wanneer jou emosies wipplank ry; wanneer jou lewe ‘n gemors is; sal party van jou sogenaamde vriende 'n tree terug gee en hulle van jou distansieer.

    Natuurlik is dit geensins 'n nuwe verskynsel nie. Meer as drieduisend jaar gelede het die wyse ou koning Salomo dit so gestel:

    Spreuke 19:4 Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. (NLV)

    Dit laat die vraag vir ons elkeen ontstaan: Watter soort vriend is ek? Is ek 'n mooiweersvriend, dié soort wat vriende is met suksesvolle mense en van diegene in nood wegstap. Of is ek iemand wat mense deur dik en dun sal bystaan?

    Sê my ... watter soort vriend is jy? Dink aan die mense in jou lewe - diegene wat op die oomblik goed vaar, en diegene wat nie welaf is nie. Het jy twee verskillende wyses waarop jy die deftiges en die sukkelaars behandel? Neig jy meer na diegene wat hul sake in orde het en distansieer jy jouself van diegene wat nie so suksesvol is nie?

    Dit is seker in 'n mate ‘n natuurlike reaksie. Ons het almal ‘n behoefte aan ondersteunende verhoudings. Maar dan moet ons ook in verhoudings wees, waar ons die een is wat gee, eerder as om te neem.

    Rykdom bring baie mooiweersvriende. ’n Arm man het geen vriende nie. Moenie ‘n mooiweersvriend wees nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

    Ek het al 'n paar dwase dinge in my lewe aangevang. Wat van jou? Ons wens ons kon hulle ongedaan maak … maar ons kan nie. En, heel moontlik, ervaar jy steeds die gevolge van daardie optrede.

    Ons haat dit om ons eie foute te bely; om te erken dat ons verkeerd was; om te erken dat ons houding en ons optrede vir onsself, en vir ander, groot pyn veroorsaak het. "Ek was verkeerd," is een van die moeilikste en pynlikste dinge om aan onsself te erken, en dis nog baie moeiliker om dit teenoor ander te bely.

    Dit is baie makliker om iemand anders te blameer. En weet jy dit is so maklik om God te blameer, dit is mos net logies, want Hy is tog in beheer van alles. Here, hoekom het U dit laat gebeur? Hoekom het U my nie gewaarsku nie? Hoe kon U my toelaat om so 'n gemors van dinge te maak?

    Dit maak tog sin. Ja, ons mense blameer Hom vir ons ellende -selfs net deur sulke vrae te vra. Kom ons kyk wat Salomo met sy goddelike wysheid oor hierdie hele blameer-ander-speletjie gesê het:

    Spreuke 19:3 ‘n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.

    Of, as jy na 'n meer letterlike vertaling van die oorspronklike Hebreeuse teks wil kyk … Sy eie dwaasheid bring 'n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here.

    Kyk, God is 'n onwankelbare God en Hy gaan nie van sy troon afval, wanneer ons Hom blameer vir iets waaraan ons skuldig is nie. En wanneer ons uiteindelik tot ons sinne kom, is Hy getrou. Hy sal ons vergewe. Maar kom ons word wys, kom ons kom tot ons sinne voordat ons God die skuld wil gee.

    Die gevolge van die dom dinge wat ons doen, is nie God se skuld nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • 1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)

    Mense doen deesdae 'n paar vreemde goed met hulle lywe. Hulle deurboor dit op baie vreemde plekke, laat hulle tatoeëer, tooi hulself op, pronk met hulle lywe en gee hulle oor aan onsedelikheid. Nouja wat is die storie hier?

    Wel, jy kan dalk vir my sê, Berni wag net 'n oomblik. Ek het tattoos. Sê jy dit is verkeerd? Ek het gate in my ore, en neus, en mond, is dit verkeerd? Ek hou daarvan om op my beste te lyk, dit kan sekerlik nie verkeerd wees nie? Ek het 'n prominente prediker, nadat sy 'n ontrimpelingsoperasie gehad het, hoor sê dit is my liggaam, ek kan daarmee doen wat ek wil.

    Maar hier is my vraag. As jy 'n Christen is, as jy Jesus passievol wil volg ... is dit regtig jou eie liggaam?

    1 Korintiërs 6:19,20 Of verstaan julle nie dat julle liggame ’n tempel van die Heilige Gees is wat in julle woon en deur God aan julle gegee is nie? Julle behoort nie aan julleself nie, want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik. (NLV)

    Die apostel Paulus het dit aan die Korintiese kerk geskryf om hulle oor hulle seksuele onsedelikheid te vermaan. Wat was sy argument? Jy besit nie jou liggaam nie, want as jy besluit het om Jesus te volg; as jy sy gratis gawe van barmhartigheid en genade; van vergifnis en die ewige lewe aanvaar het, dan is jy teen 'n baie groot prys uit jou slawerny van sonde gekoop. Ja, die prys was die dood van Jesus, die Seun van God, wat aan die Kruis moes sterf.

    My doelwit is nie om iemand vir daardie tatoeëermerk, of gaatjies, of wat ook al, te veroordeel nie. My punt is dit: dink mooi wanneer jy besluit wat jy aan jou liggaam doen. Onthou, dit is nie jou eie nie. Jy is duur gekoop, verheerlik daarom vir God met jou liggaam.

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.

    Is dit eerbaar of oneerbaar vir 'n belydende Christen om 'n gerieflike neseier vir hul aftrede te spaar, terwyl daar nog soveel mense dwarsdeur die wêreld is wat honger ly en baie mense in ons eie land, wat op straat woon?

    Dit is nogal 'n verwarrende vraag, omdat die sosio-ekonomiese omstandighede van mense regoor die wêreld - mense wat vandag se VARS boodskappe in hul eie taal kyk, luister of lees - so dramaties verskil.

    Ek onthou dat een van my dosente in die Bybelkollege lank gelede gesê het dat as dit nie vir alle mense; rykes en armes, swartes en wittes werk nie … dan is dit nie die Evangelie nie. En ek stem saam. Nouja, wat moet die rykes met hul rykdom doen?

    Jesus het ons aan die eenkant geleer om nie vir onsself skatte op hierdie aarde bymekaar te maak waar roes en mot dit kan vernietig en diewe dit kan steel nie, maar eerder om skatte in die hemel bymekaar te maak, waar dit nie verlore kan gaan nie.

    Aan die ander kant lyk dit tog na 'n verantwoordelike ding om te doen om 'n bietjie spaargeld te hê wanneer ons ouer word, om aan ons behoeftes te voorsien. Die Bybel praat dikwels van harde werk, maar ook van spaar. Of jy nou baie ryk is of nie, kyk wat staan in:

    Deuteronomium 8:17,18 Hy het dit gedoen sodat jy nie moet dink dit is deur jou eie krag en energie waardeur jy ryk geword het nie. “Onthou altyd dat dit die Here jou God is wat vir jou die krag gee om ryk te word. Hy doen dit om die verbond na te kom wat Hy met jou voorouers gesluit het.

    Trots is ‘n baie gevaarlike strik van rykdom. Wat jy ook al het, kom van die Here af. En een van die maniere om daardie strik te vermy, is om vir jouself skatte in die hemel bymekaar te maak. Dit beteken om te gee - nie net uit jou surplus nie - maar radikaal en mildelik.

    Moet nooit vir jouself sê: Ek het al hierdie rykdom deur my eie krag en vermoë gekry nie.

    Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • 2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)

    Hartseer is nie iets wat ons onsself ooit sal toewens nie. Hoekom sou ons? Maar wag ‘n bietjie, kan ek vir jou sê dat daar een soort hartseer is wat God wil hê ons moet ervaar; omdat dit eintlik … goed vir ons is?

    Die lewe het sy hoogtepunte en laagtepunte. Een van hulle wat ons diep in ‘n put laat gaan sit, is wanneer iemand ons skerp kritiseer; wanneer hulle iets uitwys wat ons liewer nie wou hê hulle moet nie; en erger nog, wanneer ons besef dat hulle honderd persent korrek is. Ewe skielik sien ons hoe dom ons was, hoeveel skade ons aangerig het … Ons sien die gevolge van ons houdings en optrede. Dis 'n verskriklike gevoel.

    Dit is juis daardie gevoel wat die apostel Paulus in sy briewe aan sy vriende in Korinte aanspreek. Ja, kyk maar na die eerste brief aan die Korintiërs wat ons op rekord het … dis voorwaar ‘n skerp vermaning. Die mense in daardie kerk het werklik hartseer en berou ervaar. Maar in sy tweede brief skryf hy in…

    2 Korintiërs 7:9,10 Nou is ek bly – nie omdat ek julle hartseer gemaak het nie, maar omdat julle hartseer tot julle inkeer gelei het. Julle was hartseer volgens die wil van God. Julle is dus in geen opsig deur ons skade aangedoen nie, want hartseer volgens die wil van God lei tot inkeer, wat weer lei tot verlossing waaroor ’n mens nooit spyt sal wees nie. Daarteenoor lei wêreldse hartseer tot die dood. (NLV)

    Dié soort hartseer wat God vir ons wil hê, is die soort wat ongelooflik goed vir ons is; dit is die soort wat ons lei tot die besluit om te verander; die soort wat ons op die pad na die ewige lewe lei. Dis wat God wil hê.

    En dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY

  • Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV)

    Vandag is Sondag. Vir sommige mense beteken dit die einde van een week; vir ander die begin van die volgende. In watter kamp jy ook al is, kom ons sluit Sondag saam op 'n hoë noot af. Kom ons roem in die wonder van wie God is.

    Vandag is veronderstel om 'n rusdag te wees. Ja, om te ontspan en om die dinge wat jy geniet, te doen, maar meer nog, is dit die geleentheid om ons gedagtes op dié God, wat ons so ongelooflik liefhet, te rig en om ons oë op te slaan om na hemelse dinge te kyk.

    Vir die grootste deel van ons week is ons kop onderstebo, besig met al die goed - die goeie, die slegte en die lelike - waarmee ons in die lewe te make het. En so is ons huidige werklikheid geneig om ons siening van God te vertroebel – ons weet nie mooi meer wie Hy is en waartoe Hy in staat is nie. Dit is tyd om jou blik op te lig om na God self te kyk. Dit is tyd om stil te wees en te weet dat Hy God is.

    Jesaja 46:5,6 Met wie wil julle My vergelyk, aan wie wil julle My gelykstel? Wie is soos Ek, om hom met My te vergelyk? Mense gooi goud uit ’n sak, en weeg silwer af op ’n skaal. Hulle huur ’n goudsmid om ’n afgodsbeeld te maak. Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld. (NLV)

    Niks op hierdie aarde, of dit nou silwer of goud, of enige ander afgod is, wat ons vir onsself in hierdie suksesgedrewe, materialistiese wêreld gemaak het, kan ooit … ooit vergelyk word met die grootse liefde van God van wie die profete geskryf en die psalmdigters gesing het. Niks nie.

    Kan jy Hom met enigiemand vergelyk? Niemand is sy gelyke nie. Daar is niemand soos Hy nie!

    Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.

    Support the Show.

    Enjoying The Content?
    For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
    DONATE R50 MONTHLY