Episodi
-
Vandag verken ons die stad van Strauss en strudel — Wene. Die transliterasie van Vienna na Wene is nie so grasieus nie, maar elke ander element van hierdie stad is. Van die paleise tot die musiek, word mens bekoor om elke hoek.
Ons toergidse vir hierdie episode is Wiesie en Mardu Swanepoel wat onlangs Wene hulle huis weg van die huis gemaak het. Hulle neem ons na kersmarkies, simfonie konserte en die lekkerste plaaslike eetplekke om die Oostenrykse stad met al vyf sintuie te waardeer.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandel wenke
📍
Weense Staatsoperahuis | Een van die mees beroemdste operahuise ter wêreld en ook een van die eerste groot geboue wat op die Weense ringweg gebou is tussen 1861 en 1869.
Musikverein | Nóg ‘n merkwaardige konsertsaal en die huis van die Wene Filharmoniese orkes.
Danube Rivier | Die rivier wat deur Wene loop — en ook soveel ander bekende Europese stede soos Budapest.
Hofburg Paleis | Die voormalige koninklike woning van die Habsburg familie in Oostenryk. Dit is ook hier waar die Spaanse ryskool hulle perde vertonings hou.
Ringstrasse | Ook bekend as die Weense ringweg. Hierdie pad is die ringbaan waar talle bekende besienswaardighede spog soos die Hofburg paleis en die Weense Staatsoperahuis.
Cafe Sentraal | ‘n Koffiehuis wat bekend was as ‘n intellektuele spilpunt in die vroeë 20ste eeu.
Schönbrunn Paleis | Die somer paleis van die Habsburg familie, geleë in Hietzing, die 13de distrik van Wene.
🎄
Christkindlmarkt | Die grootste kersmark in die wêreld en vind elke jaar plaas by die Rathausplatz in Wene.
Belvedere Paleis | Nóg ‘n baie bekende bestemming vir kersmarkies met die mooiste agtergrond van die Belvedere paleis.
Freyung | Die oudste kersmark in Wene. Dit mag dalk nie so indrukwekkend van buite af lyk soos van die ander markies nie, maar is steeds baie spesiaal.
Karlplatz | Nóg ‘n markie om op die Kersfees lysie te sit. Díe een is geleë in ‘n dorpsplein wat uit kyk op die Karlskirche — ‘n groot Katolieke kerk.
🍽️
Eierspatzle | ‘n Heerlike Oostenrykse dis wat bestaan uit noodles met ‘n kaas sous.
Glüwhein | ‘n Drankie wat se reputasie vir homself spreek. Rooiwyn geprut met die heerlikste speserye van kaneel tot naeltjies.
Bratwurst | ‘n Lekker hotdog soos ons dit ken.
Kaiserschmarrn | ‘n Tradisionele Oostenrykse dis wat basies soos pannekoek is wat in repies opgesny is. Die beste in Wene kan jy geniet by Cafe Demel.
Sacher-Torte | ‘n Tiepe sjokolade koek eie aan Wene wat bekend gemaak is deur Hotel Sacher.
Wiener Schnitzel | As Wene in die naam is dan weet jy dit is ‘n móét. Wiener Schnitzel kan by vele restaurante geniet word en kan om en by 20 euro kos.
Knudel | ‘n Tiepe sout kluitjie wat dikwels met goulash of as voorgereg gedien word. Wiesie stel ‘n spinasie knudel voor.
-
Ons probeer vandag iets nuut deur te gesels oor ‘n hele land as ‘n bestemming — en waar beter om te begin as op die verste punt van die aardbol in Nieu-Seeland!
Nicholas De Villiers hardloop saam met ons van die noorde tot die suide van Nieu-Seeland en vertel vir ons wat sy hoogtepunte was nadat hy ‘n jaar daar gewoon het. Van aktiewe vulkane tot wêreldberoemde wandelroetes, flat whites tot Marlborough Sauvignon Blanc, bied Nieu-Seeland soveel om te verken.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandel wenke
🏙️
Auckland | Die grooste stad in die Noorde Eiland en onder meer bekend as ‘City of the Sails’ vir al die seiljagte wat daar lê.
Dunedin | Die tweede grootste stad in die Suid Eiland. Bekend vir die studente atmosfeer en ook die plaaslike bier Speight's. Christchurch | ‘n Stad op die Suid Eiland en die tuisdorp van die Crusaders rugbyspan. Die stad is hard getref deur ‘n aardbewing in 2011.
Rotorua | ‘n Stad wat geleë is langs ‘n meer met dieselfde naam. Dis onder andere bekend vir sy aktiewe vulkane en sterk Maori kultuur.
Wellington | Die hoofstad van Nieu-Seeland is geleë aan die suide van die Noord Eiland naby die Cook Strait.
Picton | Picton is ‘n dorp aan die noorde van die Suid Eiland wat bekend staan as die intreeepunt na die Marlborough Sounds.
🏔️
DOC Campsites | Kampplekke wat deur die regering (Department of Conservation) bestuur word en baie keer goedkoop of selfs verniet is.
Bay of Islands | ‘n Gebied langs die Noord Eiland wat bestaan uit meer as 140 eilande.
Lake Taupo | ‘n Groot meer wat geleë is in die krater van die Taupō Vulkaan.
Tongariro Crossing | ‘n Gebied in die Tongariro Nasionale Park wat bekend is ook omdat dit die film lokasie vir Lord of the Rings was.
Marlborough Sounds | Basies ‘n samestelling van klomp fjords aan die noorde van die Suid Eiland en ‘n besonderse mooi natuurskoon om te beleef.
Cook Straight | Die stuk see wat die Noord en Suid Eiland van Nieu-Seeland skei.
Milford Sound | ‘n Baie mooi fjord in die Fiordland Nasionale Park in die Suid Eiland.
🍽️
Pies | Niks kom naby Ou Meul nie maar die Nieu-Seelanders ken ook van hulle pasteitjies.
Vis & Chips | Dalk nog bietjie van hulle koloniale nalatenskap maar ‘n bekende dis in Nieu-Seeland.
Flat White | Australia en Nieu-Seeland strei oor wie die flat white eerste ontdek het maar omdat Nieu-Seeland bekend staan as ‘The land of the long white cloud’ gee ons dit dalk vir hulle.
Marlborough Sauvignon Blanc | Wêreldbekende wit wyne. Die hele Marlborough is ideaal om te verken as jy ‘n wynliefhebber is.
Regstelling: In die inleiding sê ek hierdie is ons eerste bestemming buite Europa maar natuurlik het ons laas week Vietnam gedek so ignoreer maar die klein detail.
-
Episodi mancanti?
-
Vandag sprei ons ons vlerke na Suidoos-Asië en meer spesifiek Viëtnam. Ons eerste bestemming in die mooie land is Da Nang — ‘n kusdorpie wat bekend is vir sy lang strande en algemene ontspanne atmosfeer.
Ons toergids vir hierdie rowwe diamant is Melissa Viljoen-Smal. Melissa het as ‘n Engelse onderwyseres in Da Nang gewoon en is bekoor deur die stad wat soms in die skadu is van Hanoi en Ho Chi Minh. Van ca phe trung (‘n tiepe eier koffie) tot die alombekende Pho (‘n tiepe noodle sop), gee Melissa waardevolle wenke wat regoor Viëtnam handig sal wees.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandel wenke
📍
My Son Sanctuary | My Son is ‘n heiligedom wat terug dateer na die 4de tot 13de eeu AD. Dit is geleë in die bergagtige area van die Duy Xuyen District in die Quang Nam Provinsie.
Marble Mountain | Marble Mountain bestaan uit vyf marmer en kalksteen gebergtes in Da Nang. Dit is ‘n toeriste-attraksie vir die besonderse uitsig oor die stad maar ook vir die grotte, standbeelde, tempels en rotskuns.
Da Nang | Die kommersiële hoofstad van sentrale Viëtnam en die fokuspunt van hierdie episode.
My Khe Strand | Een van vele mooi strande in Viëtnam en die ideale plek om die Suidoos-Asië se magiese kuslyn te beleef.
Dragon Bridge | Die naam beskryf hierdie brug baie goed. ‘n Bekende besienswaardigheid in Da Nang en as jy mooi beplan kan jy sien hoe die drake op die brug vuur spoeg.
Hoi An | ‘n Bekende dorp naby Da Nang wat besonders uitstaan vir sy antieke sjarme. Die ou stad is oor die eeue heen baie goed bewaar en is ‘n lens vir hoe lewe in antieke Viëtnam dalk was.
Hai Van Pas | Hierdie asemrowende bergpas is wêreldbekend en het self op ‘n episode van Top Gear beland. Dit is ongeveer 21 km lank en neem so ‘n uur om te ry maar kan ook ‘n hele oggend aktiwiteit wees.
🍜
Pho | Phở is ‘n Viëtnamese sop dis wat bestaan uit ‘n hartlike sous, rys noodles en gewoonlik vleis, groente of ‘n eier daar by.
Ca phe sua da | Een van drie bekende tiepes koffie in Viëtnam. Hierdie een is yskoffie bedien met kondensmelk.
Ca phe trung (Eier koffie) | Moenie dat hierdie naam jou afsit nie. Ca phe trung is ‘n tiepe koffie wat bedien word met ‘n lagie eier vla bo-op.
Ca phe cot dua (Kokosneut koffie | ‘n Mengsel van kokosneut melk of olie, koffie, ys en kondensmelk. Heerlik verfrissend vir ‘n warm dag in Viëtnam.
-
Vandag ontsnap ons na die suide van Spanje vir ‘n naweek in die alewige somer bestemming Málaga. Behalwe dat dit die tuisdorp van Picasso was, is Málaga nog redelik onder die radar en daarom ‘n vars verandering van enige ander wemelende stad.
Almeri Solomon, my mede-aanbieder vandag, maak haar terugkeer na die podcast met handige wenke vir alles van geskiedkundige besienswaardighede tot tips vir tapas. Haar beste raad nog is dat die geheim om hierdie stad ten volle benut lê in die luilekker Spaanse leefstyl.
Geniet jy hierdie weeklike dosis van reis inspirasie? Gee ons ‘n volg op Spotify en Apple Podcast.
Wandelwenke
📍
Castillo de Gibralfaro | Die kasteel sit op die berg Gibralfaro en kyk uit oor die stad en hawe. Dit is in die 14de eeu gebou om die Alcazaba sitadel te beskerm. Teen 130m hoog, maak ‘n stappie op na hierdie merkwaardige kasteel vir die perfekte oggend oefensessie.
Alcazaba | Die woord self is Arabies vir ‘fort’ en ‘n indikasie van die Arabiese invloede wat die stad gevorm het. Die Alcazaba was die ou fort van die stad wat terug dateer na die 9de eeu.
Calle Larios | Die bekende inkopie straat in Málaga wat ook een van die duurste strate is om op te woon in Spanje — die marmer sypaadjies is dalk die rede so wees versigtig as jy in die reën daaroor gly.
Jardín Botánico - Histórico La Concepción | Die Jardín Botánico Histórico La Concepción is ‘n bekende botaniese tuin met ‘n ryk geskiedenis van meer as 150 jaar. Onder andere is dit een van die enigste tuine in Europa wat spog met subtropiese plantegroei.
Museo Picasso | Die museum wat die bekende kunstenaar Pablo Picasso eer. Picasso is gebore in Málaga en behalwe vir die musuem wat baie van sy kuns hou, is daar ook baie subtiele huldeblyke soos standbeelde van hom die stad.
Playa de la Malagueta | Die langste strand in Málaga en ‘n lieflike plek om te ontspan reg deur die jaar. As jy mooi kyk kan jy selfs Marokko sien van die strand af.
Rock of Gibraltar | Seker die mees gesogste rots in die wêreld vanweë sy ligging by die ingang van middelandse see. Engeland besit die belangrikke fort al van die 18de eeu wat beteken meeste Suid-Afrikaners kort tot vandag nog ‘n Britse visa om dit te besoek.
🍽️
Casa Lola | My persoonlike gunsteling restaurant in Málaga wat bekend is vir hulle pinchos.
El Pimpi | Behalwe vir Picasso, is die akteur Antonio Banderas ook gebore in Málaga. El Pimpi is sy restaurant en kroeg en ‘n baie gesellige kuierplek.
Bar Malaga | Een van Almeri se ontdekkings en ‘n heerlike kroeg om alles van die bekende groen Spaanse wyne tot verfrissende cañas te geniet.
Cereal Boom | Nie noodwendig ‘n móét nie maar nietemin ‘n interessante plek om te sien om flashbacks te kry van jou kinderdae. Hierdie kafee het meer as 200 verskillende tiepes pap van die gewone Rice Crispies en Chocos tot die unieke Magic Charm en Reese’s Puffs.
Next Level Specialty Coffee | Vir enige iemand wat hulle caffeine fix ernstig opneem. Hierdie baristas sal jou nie teleurstel nie.
Pez Lola | Die kleinsussie van Casa Lola wat lief is vir die see. ‘n Goeie restaurant vir seekos.
Padron Peppers | Almeri se go-to tapa wat bestaan uit gebraaide groenrissies met growwe sout.
-
Skink solank jou Tinto de Verano want vandag stop ons in Barcelona om te gesels met ‘n Suid Afrikaner wat gemaklik klets in beide Afrikaans en Katalaans. Gerhard Kirsten is deur liefde gelei van Bologne na Barcelona en neem ons vandag deur sy nuwe tuiste.
Van Gaudí se argitektuur tot die Katalaanse kultuur, kyk ons met blink nuwe oë na die beeldskone Barcelona en alles wat dit bied. As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
L’Eixample | Die grootste distrik in Barcelona wat nie net wemel van ‘n lekker atmosfeer nie, maar ook wêreldbekend is vir sy slim stadsbeplanning ontwerp deur Ildefons Cerdà.
Sagarada Familia | Die bekende katedraal wat deur die argitek Gaudi ontwerp is en na 140 jaar nogsteeds nie klaar gebou is nie.
Parc Guell | ‘n UNESCO wêrelderfenisgebied wat ‘n versameling is van ‘n klomp geboue van die bekende argitek Antoni Gaudí.
Casa Batlló | Nóg ‘n bekende gebou wat ontwerp is deur Gaudí en wat die storie van San Jordi uitbeeld. Die gebou spog in kleure van blou en groen in die middel van die L’Eixample area.
San Jordi | Die dag van ‘boeke en rose’ wat amper soos Valentynsdag is in Spanje.
Camp Nou | Barcelona se sokker stadium wat lank die tuiste van Lionel Messi was.
Las Ramblas | Die bekende inkopiestraat in Barcelona.
🍽️
Arroz de Montaña | Die Katalaanse hoender en rys dis wat ‘n spin is op paella en direk vertaal word as ‘rys van die berg’.
Patatas Bravas | ‘n Maklike tapa om te bestel wat bestaan uit gebraaide aartappel blokkies met 'n lekker sousie.
Croquetas | Die gebraaide ham of garnaal balletjies wat bekend is reg oor Spanje as ‘n lekker tapa.
Pan Tumaca | Nóg ‘n bekende tapa eie aan Barcelona wat bestaan uit geroosterde brood met tamatie op.
Fuet | Amper soos droëwors — ‘n tiepe salamie wat bedien word by tapas.
Escalivada | Gebraaide groente — gewoonlik eiervrug, soetrissie en uie.
Tinto de verano | ‘n Local twist op Sangria. Ook ‘n rooiwyn drankie wat gemeng is met sodawater en sap.
-
Ons kan net nie genoeg kry van Italië die maand nie en daarom is ons heel eerste eiland bestemming Sardinië! Die juweel sit in die middel van die middellandse see en spog met van die mooiste strande en die helderste water.
Ons toergids vir vandag se episode is Kim van Schalkwyk, beter bekend as die meester van ‘n 36-uur naweek trip. Kim het al wat ‘n Europese stad is al platgedraf maar vandag neem sy ons na ‘n bestemming wat jou sal dwing om stil te staan, in te neem en te rus.
As jy lekker saam luister, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
Olbia | Die grootste stad in die noorde van Sardinië wat ‘n goeie plek is om na toe te vlieg, ‘n kar te huur en jou trip te begin maar nie noodwendig waar jy lank sal wil bly of selfs oorslaap nie.
La Maddalena | ‘n Kleiner eiland naby Olbia en die perfekte plek om jou trip in Sardinië te begin met die middelandse see op jou voorstoep.
Palau | ‘n Gebied in die provinsie van Sassari waar jy kan bly om maklik La Maddalena en die omliggende eilande te besoek.
Golfo de Orosei | ‘n Nasionale park wat spog met die Supramonte bergreeks. Die asemrowende kranse van die berge duik reguit af in die kristalhelder, middellandse see. Dis iets om te aanskou van ‘n bootjie af want die versteekte strande is nie altyd bereikbaar met ‘n kar nie.
Cala Gonone | Die kusdorpie waar jy sal wil bly as jy die Nasional Park Golfo de Orosei in die provinsie van Nuoro wil verken.
Porto San Paolo | Nóg ‘n heerlike kusdorpie om te oorweeg as jou wegspringpunt vir die noorde van Sardinië. Meestal bekend omdit dit naby Tavolara is.
Tavolara | ‘n Baie bekende besienswaardigheid wat bestaan uit ‘n kalksteen berg wat 5km hoog toring.
Porto Cervo & Costa Smeralda | Die luukse kusdorpies waar baie seiljagte uithang en vasmeer. Vir diegene wat boutique winkels en stywe pryse wil geniet.
🏝️
Cala Luna | Een van die top drie strande aan die ooskus van Sardinië wat ook geleë is in die Golfo de Orosei.
Cala Goloritze | Kim se persoonlike gunsteling strand in Sardinië bekend is vir sy wit klippie strand maar ook ‘n kegelagtige berg wat 145 meter bo die strand strek — Punta Caroddi. Ook die 'instaworthy' oomblik waar jy visse deur die water kan sien.
Cala Mariolu | Die laaste moet-sien strand op die lysie wat hierdie jaar as die tweede mooiste strand in die wêreld gekies is.
🍝
Su Succu | ‘n Saffraan en kaas (gewoonlik pecorino) pasta dis wat eie is aan Sardinië.
Saffraan Fregola met seekos | Saffraan is die held in Sardinië se kookkuns en weer die hoogtepunt van hierdie seekos dis.
Lu Branu | Die agritoerisme restaurant wat Kim hulle besoek het. Agritoerisme raak al hoe meer gewild nie net vir die vars kos wat gereeld gepaard gaan met die konsep nie, maar ook as ‘n manier om bewustheid te skep oor waar ons produkte vandaan kom.
Birra Ichnusa | Die bekendste bier van Sardinië wat die beste bedien word koud uit ‘n koelboks op ‘n verlate strand.
-
Pizza, pasta, mandolin — vandag ontsnap ons na Rome en verloor onsself in die ewige stad saam met Almeri Solomon. Almeri se ervaring by Yuppiechef en Asics maak haar die perfekte toergids om die beste Parmigiana di melanzane te vind en die meeste treë in te kry in die romantiese Italiaanse hoofstad.
As jy lekker saam luister en toer, volg ons op Spotify en Apple Podcast vir jou weeklikse dosis van reis inspirasie.
Wandelwenke
📍
Colosseum | Die historiese landmerk sinoniem met Rome. Die Colosseum is die grootste antieke amfiteater en was meestal bekend vir gladiator gevegte in antieke tye.
Pantheon | Die Pantheon is ‘n voormalige Romeinse tempel wat gebou is tydens Keiser Augustus se tyd. Dit het later ‘n Rooms-Katolieke kerk geword en is die rusplek van bekende kunstenaars soos Raphael onder andere. Vir argitekte is dit ook bekend as ‘n voorbeeld van die ‘rotunda’ struktuur wat die koepelkerk vorm.
Romeinse Forum | Die Romeinse Forum is ‘n argeologiese gebied in die middel van Rome. In antieke tye was dit ook die middelpunt van die stad waar alles van markies tot verkiesings dit ‘n wemelende bymekaarkomplek gemaak het.
Spanish Steps | Die poskaart oomblik van Rome waar 135 trappies loop tot by die Trinità dei Monti kerk. Hierdie monument is ‘n móét besoek.
Trevifontein | Die Trevifontein (Fontana di Trevi) is die grootste en bekendste fontein in Rome. Dit is ontwerp deur die Italiaanse argitek Nicola Salvi en voltooi deur Giuseppe Pannini in 1762.
Palatine Hill | In verhouding met die ‘sewe heuwels van Rome’ is Palentine Hill die middelste een. Dit is ook een van die oudste dele van die stad met klomp ruïnes en elemente van antieke Rome wat dit 'n goeie plek maak om 'n staptoer te begin.
Vatikaanstad | Die Vatikaanstad is nie net ‘n onafhanklike staat binne Rome nie, maar ook die kleinste land ter wêreld. Dit is die tuiste van die Pous en die hoofkwartier van die Rooms-Katolieke kerk.
Trastevere | 'n Boheemse buurt met lekker restaurante en kafees.
Tiber rivier | Die tweede langste rivier in Italië wat deur Rome loop.
🍝
Cacio e pepe | ‘n Eenvoudige pasta met kaas en peper wat nie onderskat moet word nie.
Carbonara | Die wêreldbekende pasta wat nie misgekyk moet word nie. Dit word tradisioneel gemaak met spek, eier en pecorino romano.
Carciofi alla giudia | ‘n Heerlike dis van gebraaide artisjok wat ‘n oorsprong uit die Joodse gemeenskap in Rome het.
Fiori di zucca fritti | Nog ‘n lekker olierige dis van gebraaide courgette wat met ricotta gevul word.
Parmigiana di melanzane | ‘n Tradisionele Italiaanse dis wat bestaan uit lae eiervrug wat gebak is in ‘n smullende kaas en tamatie sous.
Ragù | Wees ‘n bietjie wild en verruil jou bolognese vir ragù as jy in Rome is. ‘n Soortgelyke vleissous maar wat met pappardelle of tagliatelle eerder as spaghetti bedien word.
IL Sorpasso | 'n Tradisionele Italiaanse restaurant in die Prati buurt. Dit is die plek waar die kelner vir Almeri klomp lekker tips op ‘n papier tafeldoek geskryf het.
Piatto Romano | ‘n Tradisonele trattoria in die Testaccio buurt.
Vanda | Nog ‘n wenner van ‘n plek om uit te eet in die boheemse Trastevere buurt.
🍸
Aperol Sprits | Die alombekende Italiaanse skemerkelkie wat bestaan uit prosecco, aperol en soda water. Dit word as ‘n apéritif regoor Italië bedien.
Negroni | Vir die Negroni liefhebbers wat nie geweet het waar die oorsprong van hulle oranje gevaar is nie, dit is ook in Italië gebore. Die bekende storie is dat dit vir die eerste keer gemeng is in Florence vir Count Camillo Negroni.
Prosecco | Die perfekte manier om ‘n bietjie Italiaanse vonkel in enige dag te sit.
-
Strek die bene en skink ‘n schnap want in vandag se episode gesels ons bietjie oor wat om te verwag van ‘n ski vakansie. Om die ys te breek, vertel Nina Ellis vir ons hoe sy gegaan het van ‘n amateur beginner tot ‘n blitsvinnige skier in ‘n week.
Saam met ‘n paar handige wenke oor die glans en gly van ski, neem ons julle na een van die mooiste plekke om sneeu te vind in Oostenryk — Saalbach-Hinterglemm.
Tips vir Saalbach-Hinterglemm
🏔️
Lift A7 | ‘n Goeie plek om te begin leer ski of snowboard. Hier sal jy die ‘baby slope’ vind wat die ideale helling is om jou selfvertroue op te bou.
Lift B1 | ‘n Gondola lift wat jou sal aflaai by ‘n gesellige restaurant op die berg, Winkler Alm. Van daar af kan jy ‘n gemaklike blou of rooi roete of die ski-lift weer afvat na die voet van die berg.
Lift B2 | ‘n Aansluiting ski-lift van B1 wat jou tot op die bopunt van die berg (Zwölferkogel) sal neem. Op 1984 meter bo seespieël, moet jy net weet waarvoor jy jouself in laat in terme van hoogtevrees, maar van die piek van die berg is daar menigte roetes om van te kies om weer af te kom. Wees gerusgestel, daar is ‘n blou roete van bo tot onder — kyk net uit vir die aanwysings.
Zwölferkogel | Die bekendste berg om op te ski in die area met menigte roetes van verskillende moeilikheidsgrade. Soos voorheen genoem, is hy 1984 meter bo seespieël.
Schattberg-Ost | Nóg ‘n gewilde berg om te ontdek en te verken en is 2020 meter bo seespieël. Neem lift A1 en A2 op tot heel bo om my persoonlike gunsteling blou roete (2) te ski tot onder.
🎵
Nag-ski | ‘n Móét as jy gemaklik is op die ‘slopes’. Ski of snowboard na sonsondergang onder spreiligte. Die nag-ski by Saalbach is by lift A9.
Rodel | Rodel is ‘n tiepe slieë wat jy kan afneem by die ‘slopes’ — ‘n lekker aktiwiteit vir die hele familie.
Aprés-ski | Die naam sê alles. ‘Aprés-ski’ word direk vertaal as ‘na-ski’ en is die kuier wat gebeur by elke ski-hut na ‘n dag se ski. Verwag Abba treffers en baie dans want Saalbach is bekend vir hierdie tradisie.
Goaßstall | Word direk vertaal as ‘Die bok stal’ en is ‘n baie lekker plek om te gaan aprés-ski. Mense gly of ski letterlik uit hierdie kroeg op die sneeu omdat dit die enigste manier is om uit te kom.
Der Schwarzacher | Die hoof aprés-ski plek in Saalbach en ‘n goeie plek om ‘n dag se ski te begin en te eindig.
Winkler Alm | ‘n Restaurant in die middel van die Zwölferkogel berg wat net bereikbaar is met die gondola. Heerlike plek vir middagete en om asem te skep.
Schloss Leopoldskron | Die landgoed waar ‘The Sound of Music’ verfilm is in Salzburg. Enige aanhangers van die film sal dit onthou as die huis van die Von Trapp familie — Villa Trapp.
🍽️
Wiener schnitzel | Die tradisionele Oostenrykse dis wat goeie brandstof is vir ski.
Spar se Schnitzel broodjies | Die Spar in Saalbach het ongelooflike lekker hoender schnitzel broojies wat hulle vars voorberei. Ideaal om saam te neem vir ‘n picnic middagete op die berg.
Kaiserschmarrn | Nóg ‘n tradisionele Oostenrykse dis wat basies soos pannekoek is wat in repies opgesny is. Heerlik as ‘n nagereg of ‘n vinnige ‘pick-me-upper’ na ‘n dag op die ‘slopes’.
Appelstrudel | Natuurlike nog ‘n dis wat sinoniem is aan Oostenryk. Maak seker jy geniet ten minste een appelstrudel en koffie in die sneeu.
Stiegl Goldbräu | ‘n Verfrissende plaaslike bier wat uit Salzburg kom en baie gewild is op die ‘slopes’.
Lekker geluister? Volg ons op Spotify en Apple Podcasts om elke week jou dosis reis inspirasie te kry.
-
Cue die doedelsakke want die week gesels ons oor Edinburg saam met JP Solomon — ‘n trotse Paarliet wat al van kleins af gefassineerd is met Skotland.
Ons word weggevoer na Edinburg waar ons dieper delf in die kultuur en milieu van hierdie middeleeuse juweel. Met soveel fasette, kan ons met oortuiging vir die trotse Skotte hulle oomblik van glorie gee vir hierdie magiese (en onheilspellende) stad.
Wandel wenke
📍
Royal Mile | Die bekendste straat in Edinburg wat hardloop van die Edinburg Kasteel tot by die Holyrood Paleis. Die straat is gevul met kleurvolle huisies, gesellige kafees, jolige pubs en warm lanterns.
Victoria Street | Nóg ‘n karaktervolle (en instaworthy) straat in Edinburg wat bleikbaar die inspirasie was vir Diagon Alley in Harry Potter.
Edinburg Kasteel | Die Edinburg Kasteel is vanselfsprekend op die lysie en is geleë as die middelpunt van die stad op Castle Rock. Dit was al van die 11de eeu ‘n koninklike woning in een of ander vorm.
Arthur’s Seat | Die hoof heuwel in Edinburg wat ideaal is vir ‘n ligte stappie — dit was lank gelede ‘n vulkaan en is vernoem na die legende van Koning Arthur.
Holyrood Park | Die park rondom Arthur’s Seat waar mense lekker kan fiets ry, draf, stap, picnic en net die buitelig van die stad geniet.
Leith | Die wemelende port dorpie net buite Edinburg wat perfek is vir ‘n dag-uitstappie. Geniet lekker seekos langs die waterfront en kyk uit vir die HMY Britannia — die voormalige koninklike seiljag wat ‘n spesiale episode in The Crown gehad het.
🧣
Kinloch Anderson | Die winkel in Leith wat spesialiseer in kilts en Skotse tartan al van 1868. Perfekte plek om jou Skotse serpie te kry.
Museum Context | Vir al die Harry Potter fans daar buite, besoek hierdie winkel en museum as jy amptelik wil uitvind of jy Gryffindor of Slytherin is.
🍽️
Haggis | Soos wat ons afval het, het die Skotte haggis — ‘n tiepe sout pudding wat bestaan uit gemaalde skaap afval, oats en uie. Verbeel jou ‘n afval frikkadel.
Skotse Whiskey | Vir die whiskey liefhebbers kan jy nie verkeerd gaan met die Skotse stapels Glenfiddich, Talikser en Johnny Walker.
Santu Coffee | ‘n Baie lekker koffiewinkel vir die koffie connoisseurs.
The Milkman | Nóg ‘n gesellige koffiewinkel om jou oggend fix te kry.
The Devil’s Advocate | ‘n Goeie restaurant om Skotse kos te probeer soos haggis en die gewone pub grub.
Lekker geluister? Volg ons op Spotify en Apple Podcasts om elke week jou dosis reis inspirasie te kry.
-
‘n Hele maand van Die Wêreld aan jou Voete! Vandag gesels ek met Margot Kuhn oor haar geliefde Lissabon — of Lisbon (for the love of transliteration).
Margot neem ons na al haar gunstelinge plekke van toe sy in die Portugeese hoofstad gewoon het. Ons dek alles van waar om tram 28 te vang tot waar om die beste pastel de nata te kry in hierdie episode — so sit terug, ontspan en laat Lissabon jou wegvoer.
Wandel wenke
📍
Alfama | Die oudste buurt in Lissabon gevul met karakter, geskiedenis en tradisionele restaurante.
Castelo de São Jorge | Die groot kasteel in Lissabon en ‘n goeie baken in die stad. Dit is gebou op die hoogste heuwel en kyk uit op die Alfama area.
Bairro Alto | Nóg ‘n lekker area om te verken. Bietjie minder histories en meer boheems met klomp kafees en kuierplekke.
Tram 28 | Die ikoniese geel tram 28 is een van die bekendste besienswaardighede van Lissabon en roete loop dwars deur die historiese centrum van die stad. Klim op hom by Praça Martim Moniz.
Belém | ‘n Buurt net buite die middestad lands die Tagus rivier.
Jerónimos | ‘n Bekende klooster in Belém met baie mooi argiktektuur. Stapafstand van Pastéis de Belém so ‘n perfekte kombinasie vir ‘n dag uitstappie.
Bica Tram | Nóg ‘n lekker tram roete. Rua da Bica is self ‘n dun, styl straat wat die besige Bairro Alto verbind aan die boheemse Cais do Sodré.
Museu Nacional do Azulejo | Die bekende teël musuem wat die beste van Portugeese keramiek kuns wys.
☕️
Pasteis de Nata | Kort hulle eers ‘n definisie? Die onweerstaanbare, vla tertjies sinoniem aan Portugal wat die hele wêreld al betower het.
Pastéis de Belém | Stop hier om die oorspronklike pasteis de nata resep te probeer.
Castro | ‘n Bekende pasteis de nata bakkery met verskeie takke in die stad. Ook bekend as die Atelier de Pastéis. Manteigaria | Ook bekend as Fábrica de Pasteis de Nata.
Bica | Die klassieke koffie om te bestel in Portugal wat amper soos ‘n espresso is.
🍷🐟
Tasca | Die naam vir ‘n tradisionele Portugeese restaurant.
Fado | Fado is ‘n musiek genre wat begin het in die 1800’s in Lisbon en bekend is vir tragiese lirieke.
Uma | ‘n Tradisionele Portugeese seekos restaurant bekend vir hulle Arroz de marisco — amper soos ‘n paella of seekos rissotto.
Sardinhas Assadas | Gebraaide sardientjies wat ‘n tradisionele gereg is in Portugal veral in die somer.
Bacalhau | Verbeel bokkoms — maar maak dit Portugees. Bacalhau is gedroogde kabeljou en ‘n móét probeer in Portugal.
Dourada Grelhada | Geroosterde vis (gewooonlik seebrasem) gereg wat gewoonlike bedien word met aartappels.
Mercado Oriental | Ons het belowe — hierdie is die Asiatiese markie waarby ons albei al heerlik geëet het.
Lekker geluister? Volg ons op Spotify en Apple Podcasts vir meer ⬇️
-
Dis Vrydag — wat beteken nog 'n episode van Die Wêreld aan jou Voete het pas geland! Die week vertel Dene van Wyk vir ons hoe om 'n onvergeetlike ervaring in Budapest te kry.
Van kuier in die Buda kasteel tot palinka's geniet in Pest, is daar net sóveel wat hierdie stad 'n ideale bestemming maak.
Vind hieronder Dene se tips wat jou honger sal maak vir meer van Hongarye.
Wandel Wenke
Palinka | 'n Tradisionele Hongaarse drankie
Goulash | 'n Tradisionele Hongaarse dis wat amper soos 'n tiepe bees bredie is.
Buda Kasteel | Die naam sê alles - die kasteel wat aan Buda se kant van die stad geleë is.
Danube | Die rivier wat deur Budapest loop en die stad in twee verdeel - Buda en Pest.
Fisherman's Bastion | 'n Historiese monument en 'n UNESCO Wêreld Erfenis Gebied wat die beste uitsig oor die stad verskaf.
Hongaarse Parlement | Ontwerp deur die Hongaarse argtiek Imre Steindl, is hierdie gebou regtig iets om te aanskou. Behalwe vir die mooi ontwerp is dit ook die grootste gebou in Budapest.
Shoes on the Danube Bank | 'n Monument ter herdenking van die Jode wat tydens die Tweede Wêreld Oorlog in Budapest vermoor is.
Gellért Baddens | Die warmwaterbaddens (langste woord ooit) aan Buda se kant. Persoonlik my gunsteling.
Széchenyi Baddens | Die bekende geel warmwaterbaddens aan Pest se kant.
Mazel Tov | 'n Baie gesellige mediterreense restaurant wat ideaal is vir deel-disse mezze styl.
Szimpla Kert | 'n Kuierplek op die besige Kazinczy straat in die hartjie van die ou Joodse buurt.
Hilda | 'n Moderne restaurant met tradisionele Hongaarse kos.
Freyja | 'n Bakkery bekend vir hulle verskeidenheid croissants.
Lekker geluister? Kyk uit vir episode 5 volgende week Vrydag — op Spotify en Apple Podcasts.
-
Ons is terug vir week drie van Die Wêreld aan jou Voete! Vandag gesels ek met Rachel Theron oor Zürich en alles wat Switserland ‘n vier seisoene bestemming maak.
Rachel neem ons na al haar gunstelinge plekke van toe sy ‘n uitruilstudent in Zürich was. Van stewige pryse tot somer swemplekke, dek ons alles wat jy moet weet van hierdie beeldskone land.
Wandel wenke
Zermatt | ‘n Bekende dorpie vir ski en bergklim in die Switserse Alpe.
Saint Moritz | Nóg ‘n mooi ski dorp wat al twee keer die Olimpiese Winterspele aangebied het.
ETH | Die Universiteit in Zürich waar Albert Einsten was. Niederdorf | ‘n Lekker, lewendige buurt in Zürich bekend vir mooi, middeleeuse strate en pleine.
Cabaret Voltaire | Die kafee waar die Dada kuns beweging bleikbaar begin het.
Letten | Die beste area om te swem in Zürich.
Limmat | Die rivier wat vloei deur Switserland en in Lake Zürich in.
Uetliberg | Die koppie (of dalk eerder berg) in Zürich wat lekker is om uit te klim as jy nie te ver wil reis vir ‘n mooi uitsig nie.
Langstrasse | Zürich se eie Langstraat wat (soos Langstraat in Kaapstad) bekend is vir sy kuierplekke.
Plaza | Die nagklub in Langstrasse wat jy nie kan mis nie.
Lekker geluister? Kyk uit vir episode 4 volgende week Vrydag — op Spotify en Apple Podcasts.
-
Vir die tweede episode van Die Wêreld aan jou Voete, gesels ek met Petra Marais oor Kopenhagen — die sprokiesmooi, skandinawiese stad wat jy nie moet verbykyk op ‘n Europese toer nie.
Petra se tips vir die Deense hoofstad praat vir hulself, so hier is haar advies vir alles van die food scene tot aktiwiteite wat nie ‘n arm en ‘n been sal kos nie.
Wandel wenke
Nyhavn | Die poskaart oomblik van Kopenhagen waar pastel huisies en skepe die hawe soos ‘n hoofstuk uit ‘n sprokie laat lyk.
Hans Christian Andersen | Die bekende outeur van Die lelike eendjie en Die kleine meermin wat in Kopenhagen gewoon het.
Freetown Christiania | ‘n Gemeenskap van denkers en kunstenaars wat begin het in 1971 op ‘n ou militêre basis net buite Kopenhagen.
Amalienborg | ‘n Paleis en ook die amptelike residensiële woning van die huidige koninklike gesin.
Kastellet | ‘n Ou fort wat lekker is vir ‘n stappie en ook waar die standbeeld van The little Mermaid is.
Gefion Fontein | ‘n Mooi fontein by die ingang van Kastellet wat bietjie meer indrukwekkend is as die standbeeld van die kleine meermin.
Rosenborg kasteel | ‘n Kasteel in die middel van Kopenhagen met mooi tuine wat oop is vir die publiek. Perfek vir ‘n oggend stappie of middag picnic.
SMK | Statens Museum for Kunst is die museum oorkant die Rosenborg kasteel met ‘n groot uitstalling van moderne kuns.
DAC | Danish Architecture Centre vir die ontwerp-liefhebbers en iemand wat dalk ‘n ding het vir stoele.
Bolle med Ost | ‘n Doodeenvoudige broodjie met kaas wat jy nie moet onderskat nie.
Juno | ‘n Heerlike bakkery vir alles van cardamom buns tot suurdeegbrood.
Hart | Nog ‘n lekker bakkery wat eintlik begin is deur die voormalige bakker van die einste spogrestaurant Noma, Richard Hart.
Lekker geluister? Kyk uit vir episode 3 volgende week Vrydag — net hier op Spotify.
✏️ Hierdie is die tweede episode van Die Wêreld aan jou Voete en natuurlik het ek so bietjie brainfog gehad. The Bear is die series waarop die bekende Deense restaurant Noma gebasseer is en Christiana laat my dink Woodstock ‘69 (nie die trainsmash Woodstock ‘99 nie).
-
Puglia | Italië
Vir die eerste episode, gesels ek met Carli De Villiers oor Puglia — ‘n redelike onaangeraakte gebied in die suide van Italië. Carli neem ons deur haar raad oor alles van die kos, die geskiedenis, die strande en die vreemde seekat broodjie Panino col Polpo wat jy moet probeer as jy hierdie deel van Italië se kus wil verken.
Wandel wenke
Bari | Waarheen jy sal wil vlieg as jy Puglia wil besoek
Strada Arco Basso | Die straat in Bari waar vars pasta gemaak word. Dit is ook bekend as Strada delle Orecchiette vir die bekende ‘orecchiette’ pasta wat letterlik vertaal word as ‘oortjie pasta’.
Alberobello | Die UNESCO erfenis gebied wat bekend is vir die wit, klip huisies met hulle keël dakke wat bekend staan as trulli.
Monopoli & Polignano a Mare | Lekker dorpe om te bly en ook te swem.
Ostuni | Bekend as die Wit Juweel vir die sandsteen geboue.
Gallipoli | ‘n Baie mooi dorp om te besoek net buite Puglia in die provinsie is Matera
Hierdie is die eerste episode van Die Wêreld aan jou Voete so verskoon maar die entoesiasme aan die begin — coming in hot!🔥 As jy lekker luister, kom weer terug volgende Vrydag vir Episode 2.
-
Welkom by ‘n splinternuwe podcast vir Suid-Afrikaners deur Suid-Afrikaners waar jy kan saam reis van die huis. Elke week gesels ek met ‘n vriend, kennis of wild vreemdeling oor ‘n onlangse avontuur waarop hulle was. Ons neem jou van Capri tot in Corfu, Puglia tot in Positano en gesels oor alles wat jy kan verwag langs die pad.
Voor ons wegspring, begin elke goeie trip mos gewoonlik deur mense se verwagtinge te bestuur so hierdie inleiding is letterlik dit — ‘n klein vrywaring as julle wil.
Lekker luister 🍃