Folgen
-
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys kyk ons na ʼn paar voorbeelde van dié voortvarende eilande van Westerse kultuur in Europa. Plekke soos Suid-Tirool in Italië, Friesland in Nederland en selfs die Duitse gemeenskap van 70 000 in België is sprekende voorbeelde van wat moontlik is met kulturele weerbarstigheid in die aangesig van eksistensiële bedreiging.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys kyk ons in diepte na die wyse waarop Afrikaners in die internasionale kollig geplaas is, hoekom dit gebeur het, wat die aanloop daartoe was en wat werklik steek agter Trump se vermoeidheid met dié groepie aan die suidpunt van Afrika.
Op die keper beskou was dit ʼn suksesvolle ontmoeting – die ANC-geleide regering het nou geen anders keuse as om met Afrikaners in gesprek te tree nie. Trump het Ramaphosa mooi laat verstaan dat hy nou met Afrikaners moet skakel en een of ander ooreenkoms met die kultuurgemeenskap moet sluit. Dié gesprekke moet gouer eerder as later gebeur. -
Fehlende Folgen?
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans vanaf die Spaanse eiland Ibiza met twee bekende Nederlandse kommentators – Marlies Dekkers en Wierd Duk – oor die toekoms van Nederland, Europa en die Westerse beskawing.
-
Wêreldwys | Afrikaner-wortels in Europa herbesoek | Ep. 45
-
In hierdie week se Wêreldwys ontleed Jaco Kleynhans hoe Trump se tariewe, onderhandelings en siening van soewereiniteit nie net die Amerikaanse ekonomie nie, maar ook die internasionale magsbalans beïnvloed. Is Amerika besig om sy posisie te versterk, en is China regtig so veerkragtig soos dit voorgee? Dié vrae raak elke land op aarde – ook Suid-Afrika.
-
Wêreldwys | Handelsoorlog aan die kern van globale magstryd | Ep. 43
-
In die jongste aflewering van Wêreldwys gesels Jaco Kleynhans met Alida Kok, dosent in politiek aan Akademia, oor die manier waarop diplomasie oor die afgelope dekades verander het. ou modelle van diplomasie is nie meer voldoen nie. In hierdie werklikheid is dit nodig om ʼn nuwe balans te vind tussen dialoog en druk. Om hierdie balans te vind en strategies te kan toepas, is wat groepe op dié komplekse speelveld sal kan onderskei.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met Pollak oor die verhouding tussen SA en die VSA en wat nodig is om dit reg te ruk. Joel Pollak is ʼn senior redakteur by Breitbart in Los Angeles in die VSA. Breitbart is een van die grootste en mees invloedryke bronne van konserwatiewe, alternatiewe media in Amerika.
-
In hierdie week se uitgawe van Wêreldwys gesels ons oor hoe Trump die globale herskikking van magte versnel en hoe lande soos China, Indië, Iran, Rusland, verskeie Europese reuse soos Duitsland en andere hierop reageer en wat dit vir die toekoms inhou.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons met die bekende Nederlandse joernalis en skrywer Wierd Duk wat ook ’n kenner is van Rusland, waar hy self 12 jaar lank gewoon het. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog het die VSA ’n sterk militêre teenwoordigheid in Europa. Europese lande het oor die afgelope paar dekades stelselmatig hulle militêre begrotings besnoei tot op ’n punt waar baie EU-lidlande vandag nie meer oor enige vermoë beskik om hulself militêr te kan verdedig nie. Europa het ook grootliks sy vermoë om self wapens te vervaardig, verloor.
-
Die Solidariteit Beweging lê tans besoek af aan die VSA te midde van ingrypende politieke veranderinge die afgelope paar weke. Hierdie besoek is nie net ʼn reaksie op die gebeure in die Trump-administrasie nie, maar ook ʼn poging om ʼn nuwe bewusmaking van Afrikaners in Amerika te vestig. In hierdie week van Wêreldwys bespreek ons die doel van die besoek asook hoe Afrikaners in Washington ontvang word.
-
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met militêre kenner prof. Abel Esterhuyse oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) se teenwoordigheid in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRK) wat toenemend bevraagteken moet word. Operasioneel sukkel ons magte om enige betekenisvolle impak te maak, deels weens onsekere doelwitte en ʼn skreiende tekort aan strategiese leiding.
-
Die Westerse wêreld verkeer jare lank reeds in ʼn reuse-leierskapskrisis met die meerderheid staatshoofde in Westerse lande wat ongewild is en swak mandate van hul kiesers het. Dit blyk of daar in die grootste dele van die Weste groot politieke onvergenoegdheid onder kiesers bestaan, met swak leiers wat nie vermoënd of gewillig is om te doen wat hul kiesers van hulle verwag nie.
-
Die wêreld waarin ons vandag leef, is deurspek met oorloë op elke kontinent – vanaf internasionale konflikte, streekskonflikte en verskeie komplekse burgeroorloë. Selfs oorloë en konflik het egter reëls waaraan dit moet voldoen en beperkinge waarbinne dit moet geskied.
In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Martie Bradley, spesialis in internasionale reg en internasionale humanitêre reg, oor die tientalle oorloë wat vandag reg oor die wêreld woed en hoe ons daaroor kan dink. -
Donald Trump het tydens sy eerste tien dae in die Withuis met selfvertroue, fokus en ʼn duidelike missie weggespring, en hy het reeds reusehervormings van die federale regering, Amerika se immigrasiebeleid, ekonomiese beleid en selfs buitelandse beleid begin implementeer. Gaan Trump in sy doelwitte slaag? Gaan hy die Amerikaners se steun behou? Ons bespreek dit alles in hierdie week se uitgawe van Wêreldwys.
-
In hierdie week se episode van Wêreldwys ontleed ons die gebeure wat tot Trump se verkiesing gelei het, wat ons van die nuwe Trump-regering kan verwag, sy kabinetaanstellings en die wyse waarop Trump sy party en die VSA die afgelope paar jaar verander het.
-
2024 was die jaar van verkiesings. Meer as die helfte van die wêreldbevolking het vanjaar aan ʼn verkiesing deelgeneem, wat beteken groot politieke veranderinge was aan die orde van die dag. In hierdie laaste aflewering van Wêreldwys vir die jaar, gesels ons met dr. Heinrich Matthee oor die wyse waarop die wêreld in 2024 verander het. Wêreldwys | 2024 se wêreldgebeure in oënskou | Ep. 31
-
Donald Trump se historiese oorwinning in vanjaar se verkiesing was terugskouend ʼn harde protesstem teen ʼn woke Amerikaanse politiek, ver verwyder van die mense op grondvlak. In hierdie week se aflewering van Wêreldwys gesels ons met prof. Koos Malan om die vraag te probeer beantwoord – is dit vir Amerika moontlik om in die lig van hierdie protes ʼn herlewing van die Westerse beskawing in te lei? Wêreldwys | Die Trump-protes teen ‘wokeness’ | Ep. 30
-
Trump se tweede termyn as Amerikaanse president gaan reuseveranderinge vir Amerika inhou, maar ook vir globale handel en internasionale magsverhoudinge. In hierdie week se episode van Wêreldwys gesels ons oor die belangrikste kwessies wat ons tydens die tweede Trump-termyn moet dophou. Wêreldwys | Die Trump-administrasie vs. die diepstaat | Ep. 29
- Mehr anzeigen